Microsoft dokter foto van swarte

Image

Microsoft, waarvan die hoofkantoor in Seattle in die VSA is, het verskoning aangeteken omdat hulle 'n foto gedokter het waarop 'n swart man verskyn.

Op die maatskappy se webblad in Amerika is 'n foto gepubliseer waarop twee mans en 'n vrou by 'n konferensietafel sit. Maar op Microsoft se Poolse webblad is die swart man kop vervang met dié van 'n wit man. Die kleur van sy hand is egter nie verander nie.

'n Woordvoerder vir Microsoft, Lou Gellos, het Dinsdag in 'n verklaring gesê hulle is jammer daaroor.

"Ons vra om verskoning en is in die proses om die beeld af te haal."

 

люстра итальянскаяданильченко юрій броніславович