Regering skarrel om Gupta-oorteders vas te vat

Alle betrokkenes wat verantwoordelik was vir die Guptas se landing by die Waterkloof-lugmagbasis sal gestraf word, het Jeff Radebe, die minister van Justisie, Vrydag gesê. Diegene wat verantwoordelik was om die land ‘n “slegte naam te gee,” sal verantwoordbaar gehou word, “wie ook al hulle is, ten spyte van watter posisies hulle beklee,” het Radebe

Lees verder: Regering skarrel om Gupta-oorteders vas te vat

Zambië se wit adjunk-president ‘haat’ SA, Afrikaners

Suid-Afrika het op ‘n verduideliking van Zambië aangedring ná opmerkings wat sy vise-president Guy Scott na bewering gemaak oor Suid-Afrika. Scott, wit en Brits, is ‘n bewonderaar van Margaret Thatcher en het haar begrafnis onlangs bygewoon. Hy het aan The Guardian koerant in die Verenigde Koninkryk gesê Zuma is soos die voormalige apartheidsleier FW de

Lees verder: Zambië se wit adjunk-president ‘haat’ SA, Afrikaners

Indië se hoëkommissaris in SA is… ‘n Gupta!

Die Indiese Hoëkommissaris in Suid-Afrika, is ook toevallig ‘n Gupta. Virendra Gupta is deur die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking gevra om te verduidelik hoe toestemming verkry is vir die Gupta-vliegtuig om te land by die Waterkloof-lugmagbasis. Kommissaris Virendra Gupta, wat die troue van Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia bygewoon het, word beskou as

Lees verder: Indië se hoëkommissaris in SA is… ‘n Gupta!

Guptas ontken dat hulle wit bediendes, polisie gebruik

Die Gupta-familie het berigte verwerp dat gaste geweier het om bedien te word deur swart personeel by die Sun City-oord in Noord-Wes. Praag het berig dat die Gupta-gaste slegs wit personeel wil sien. Solly Phetoe, Cosatu se provinsiale sekretaris, het Donderdag ook gesê dat die gaste by die Guptas ‘n vierdaagse troue verkies om deur

Lees verder: Guptas ontken dat hulle wit bediendes, polisie gebruik

Regering steeds in duister oor Gupta-toestemming

Die regering is steeds in die duister oor wie toegelaat het dat ‘n privaat straler met die Gupta-familie se trougaste by die Waterkloof-lugmagbasis land, het die kabinet Donderdag gesê. Dié nuus het politieke partye en organisasies, insluitend die ANC, DA, IVP, Cosatu en die SAKP, hewig ontstig. Die partye het dit beskryf as ‘n misbruik

Lees verder: Regering steeds in duister oor Gupta-toestemming

Gupta-straler verwyder

Die Guptas se privaatstraler is Donderdagmiddag van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria verwyder, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gesê. “Ja, ek kan bevestig dat die straler vanmiddag van die lugmagbasis af verwyder is,” het Siphiwe Dlamini, woordvoerder, gesê. “Die inligting wat ek het, is dat dit na die OR Tambo Internasionale Lughawe geneem is.” Nosiviwe Mapisa-Nqakula,

Lees verder: Gupta-straler verwyder

Gupta-straler moet dadelik weg, sê minister

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, ­minister van verdediging, het Donderdag gelas dat die Guptas se privaatstraler van die Waterkloof-lugmagbasis verwyder word. “Die goedkeuring moet teruggetrek word en die vliegtuig moet onmiddellik verwyder word,” het die minister in ‘n verklaring gesê. Mapisa-Nqakula het verder gevra dat ‘n ondersoek gedoen moet word oor hoekom die lugmag genader is met ‘n

Lees verder: Gupta-straler moet dadelik weg, sê minister

Guptas eis slegs blanke skoonmakers, kelners by Lost City

Die Indiese pierewaaiergesin, die Guptas, betaal R80 miljoen om die hele Lost City by Pilanesberg te bespreek. Die Guptas het egter ‘n voorwaarde gestel: “Ons wil slegs deur blankes bedien word. Daar moet ook blanke kokke en skoonmakers vir ons kamers wees.” Personeel by Sun International het oor die afgelope dae kliphard gewerk om blanke

Lees verder: Guptas eis slegs blanke skoonmakers, kelners by Lost City

Waar’s die Indiërgaste se visums?

Die Vryheidsfront Plus wil op ‘n dringende basis van die minister van Binnelandse Sake weet of die byna 200 gaste van die Guptas tydens hulle aankoms op die Waterkloof-Lugmagbasis oor die nodige visums beskik het om Suid-Afrika te besoek. Volgens dr. Corné Mulder, die VF Plus se woordvoerder oor binnelandse sake, moet besoekers vanuit Indië

Lees verder: Waar’s die Indiërgaste se visums?