Gupta-straler verwyder

Die Guptas se privaatstraler is Donderdagmiddag van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria verwyder, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gesê.

“Ja, ek kan bevestig dat die straler vanmiddag van die lugmagbasis af verwyder is,” het Siphiwe Dlamini, woordvoerder, gesê.

“Die inligting wat ek het, is dat dit na die OR Tambo Internasionale Lughawe geneem is.”

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, ­minister van verdediging, het Donderdagoggend beveel dat die Guptas se privaatstraler van die lugmagbasis verwyder word.

“Die goedkeuring moet teruggetrek word en die vliegtuig moet onmiddellik verwyder word,” het die minister in ‘n verklaring gesê.

Mapisa-Nqakula het verder gevra dat ‘n ondersoek gedoen moet word oor hoekom die lugmag genader is met ‘n versoek om die lugmagbasis te gebruik.

Maak 'n opvolg-bydrae