Die volgende klink na ‘n dom vraag: Waarom moet Afrikaners selfbeskikking verkry? Die antwoord is immers voor-die-hand-liggend, nie waar nie? Dit is omdat Afrikaners ‘n soewereine volk is, en omdat daar ‘n internasionaal-erkende reg is vir soewereine volke om oor hul eie lot te kan beskik. Bostaande is egter myns insiens nie heeltemal so voor-die-hand-liggend
Deursigtigheid toegewasem
Die besluit van die ANC en die IVP om ‘n vergadering tussen die SABC-raad en die parlementêre portefeuljekomitee te verdaag nadat ‘n hofbevel verkry is om dit vir die media oop te stel, laat net meer vrae ontstaan oor hoe die ANC die pad vorentoe sien met sekere grondwetlike waarborge oor meningsuiting en die reg
Teokrate se foefie
Gewone Christene – dus feitlik alle lidmate van die Afrikaanse kerke – is nie welkom in die teokratiese volkstaat wat die sogenaamde Volksvergadering van die Geloftevolk gaan stig nie. Slegs beskouings wat die eer van JHWH (soos deur die teokrasiekomitee omskryf is) as primêre doel het, sal geduld word. Ander godsdienste is verbode. Daarby is
Herrie se kerrie: Afrikaans toor met staak
Afrikaans is ‘n wonderlike taal – dit kan dinge darem baie beter as die Rooi Taal beskryf. Neem nou maar die woord “staak.” Dan word werksaamhede ge-“staak”. Dienste word gestaak. Maar die Engelse woord is “strike” wat darem erg misleidend is. Dit impliseer iets word gedoen – deur daarop toe te slaan. ‘n “Strike Force”
Knyptang-breekspul
Twee sake oorheers die afgelope weke die nuus sodat ander nuus soos misdaad effens noustrop trek om die pyp te rook – die landswye staking wat met geweld gepaard gaan, en die regering se aanslag teen vrye meningsuiting en mediavryheid. In beide sake staan die regering sentraal, veral omdat die grens tussen regering en regerende
Vuurwapens, mortiere raak by Weermag weg
Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me. Lindiwe Sisulu, het skriftelik bevestig dat 183 vuurwapens, 5 mortiere en ses vuurpyllanseerders in die weermag gesteel en verlore geraak het sedert 2007. Dit volg in antwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die Parlement. “Dit is uiters kommerwekkend dat outomatiese aanvalsgewere
Romanisering van die Christelike godsdiens in die periode 325 tot 380 nC
In vorige artikels het lesers van Praag hulle uitgelaat oor kerk-staatverhoudinge en die wedersydse beïnvloeding van godsdiens en politiek op mekaar. Die Christelike godsdiens het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan in die periode 325 tot 380 nC en daarna. Met Romanisering word bedoel dat hoofsaaklik twee keisers ‘n uniforme dogma op die kerk afgedwing het en ‘n
Lees verder: Romanisering van die Christelike godsdiens in die periode 325 tot 380 nC
Soldate by 37 hospitale ontplooi
Soldate is Maandagoggend ontplooi by 37 hospitale in sewe provinsies om te help skoonmaak en bystand met gesondheidsorg te verleen, het die SA Nasionale Weermag (SANW) gesê. “Afhangend van die aanvraag, kan ‘n mediese span bestaan uit dokters, verpleegsters en noodgesondheidswerkers,” sê Dlamini Siphiwe, ‘n woordvoerder in ‘n verklaring. “Die SA Militêre Gesondheidsdiens ontplooi insgelyks
Hospitaalsterftes weens staking
Verskeie hospitaalsterftes is aangemeld aangesien ‘n landswye staking staatsdiensstaking verlede week begin het, maar die owerhede is versigtig om dit te direk aan die massa-aksie te verbind. The Star-koerant berig Maandag dat drie staatshospitaalpasiënte, wat na private hospitale verskuif is as gevolg van personeeltekorte wat veroorsaak word deur die staking, gesterf het. Die pasiënte wat
Betogers brand motor, versper die pad
Stakers in die staatsdiens brand ‘n motor en die Mangosuthu-hoofweg in Umlazi is vanmôre van ‘n barrikade voorsien, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê. “Teen ongeveer 01:00 die oggend (Maandag) het ‘n groep betogers by die Prins Mshiyeni-hospitaal in Umlazi ingebars en ‘ n motor verbrand wat aan ‘n werker by die hospitaal behoort,” het
