Zuma herinner SA aan Mandela se ware nalatenskap

Nelson Mandela was nie net ‘n vriendelike ANC-lid nie, maar ‘n “ware Afrikaan”, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê. Opposisiepartye moenie Mandela se nalatenskap verdraai nie en moet “eerlik en opreg” wees in hul waardering van hom, het hy gesê. Mense skep ‘n oppervlakkige beeld van Madiba, het hy gesê. “Hulle moet lief wees vir

Lees verder: Zuma herinner SA aan Mandela se ware nalatenskap

SA dra volle koste van bi-laterale ontplooiings

Die teenwoordigheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die Sentraal Afrikaanse Republiek (SAR) sedert 2009, het Suid-Afrika R166,2 miljoen gekos. Dit blyk uit die antwoord van die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, aan Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. “Die werklikheid is dat die belastingbetalers se geld

Lees verder: SA dra volle koste van bi-laterale ontplooiings

Iran ook deel van Siriese vredeskonferensie

Iran se adjunkminister van buitelandse sake het gesê dat sy land uitgenooi is na die komende vredeskonferensie oor Sirië, wat in Genève sal plaasvind, het die plaaslike media Woensdag berig. Die konferensie, wat deur Rusland en die VSA byeengeroep is en later hierdie maand plaasvind, sal verteenwoordigers van die Siriese president, Bashar al-Assad, en verteenwoordigers

Lees verder: Iran ook deel van Siriese vredeskonferensie

Twee Waterkloof-aangeklaagdes moet weer tronk toe!

Beeld berig dat twee lede van “die sogenaamde Waterkloof-vier wat 18 maande gelede onder korrektiewe toesig uit die tronk vrygelaat is”, gister beveel is om op 10 Julie vir voortgesette tronkstraf aan te meld. Drie regters van die hooggeregshof in Pretoria het tot dié slotsom gekom. Beeld berig voorts dat “die hof Reinach Tiedt en

Lees verder: Twee Waterkloof-aangeklaagdes moet weer tronk toe!

Hof besluit vandag oor Pretoria se straatname

Die hooggeregshof in Pretoria sal vandag besluit of die Tshwane metropolisie kan appèlleer teen ‘n hofbevel wat die verwydering van ou straatname verbied. Die hofbevel is in April aan die burgerregtegroep Afriforum toegestaan. In die hofbevel het regter Bill Prinsloo gelas dat die verwydering van ou straatname gestaak moet word hangende die uitslag van ‘n

Lees verder: Hof besluit vandag oor Pretoria se straatname

Staking by Lonmin dalk afgeweer

n Staking by Lonmin se myne is moontlik afgeweer nadat die mynmaatskappy nié ‘n stakingskennisgewing van die mynvakbond, AMCU ontvang het nie. Die vise-president van die vakbond, Jeff Mthahmeme was ook onbewus dat so ‘n kennisgewing aan die mynbestuur oorhandig sou word. Die myn se woordvoerder, Sue Vey het bevestig dat daar nog geen ooreenkoms

Lees verder: Staking by Lonmin dalk afgeweer

Openbare uitsaaier in Griekeland sluit

Griekse vakbonde beplan ‘n algemene staking van 24 uur uit protes teen die regering se besluit om die openbare uitsaaier te sluit as deel van sy besparingsmaatreëls. Die Sosialiste en gematig-linkse partye wat die koalisieregering steun, het die besluit as “onaanvaarbaar” bestempel. Intussen is daar geen aanduiding dat die eerste minister Antonis Samaras die besluit

Lees verder: Openbare uitsaaier in Griekeland sluit

ACDP-leier wil bedank, sê Malema kan koalisieregering help

Die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe, gaan bedank uit die parlement, het SABC Woensdag berig. “Dit is waar wat julle gehoor het, ek is van plan om volgende week uit die parlement te bedank,” het die ACDP-president aan die nasionale uitsaaier gesê. “Die besonderhede sal volgende week Donderdag in ‘n mediakonferensie bekendgemaak word.” Meshoe

Lees verder: ACDP-leier wil bedank, sê Malema kan koalisieregering help

Mandela se toestand onveranderd

Nelson Mandela sal na verwagting vir ‘n sesde dag in die hospitaal behandel word vir ‘n herhalende longinfeksie. Pres. Jacob Zuma het Woensdag aan LP’s gesê Mandela reageer beter op behandeling. Zuma het tydens ‘n debat in die Nasionale Vergadering gesê hy is “ná ‘n moeilike paar dae baie gelukkig met die vordering wat hy

Lees verder: Mandela se toestand onveranderd

Weermag op gereedheidsgrondslag vanweë Mandela

Beeld berig dat die weermag op 24 uur-bystand geplaas is en van die lugmag se vlugbemannings is gewaarsku om hul selfone te alle tye by hulle te hou terwyl die hele land asem ophou oor oudpres. Nelson Mandela. Soldate is reeds toe Mandela sowat tien dae gelede begin siek word het, gewaarsku dat die weermag

Lees verder: Weermag op gereedheidsgrondslag vanweë Mandela