Die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe, gaan bedank uit die parlement, het SABC Woensdag berig.
“Dit is waar wat julle gehoor het, ek is van plan om volgende week uit die parlement te bedank,” het die ACDP-president aan die nasionale uitsaaier gesê.
“Die besonderhede sal volgende week Donderdag in ‘n mediakonferensie bekendgemaak word.”
Meshoe het sedert Suid-Afrika se onafhanklikheidswording in 1994 as ‘n lid van die parlement gedien.
Meshoe sê opposisiepartye staan ‘n beter kans om ‘n koalisieregering na die 2014 verkiesing te vorm as die voormalige ANC-Jeugliga-president, Julius Malema ‘n nuwe politieke party stig.
Meshoe het met die SAUK gepraat oor sy uittrede uit die parlement en oor opposisiepolitiek.
Hy sê Malema sal van die steun van die ANC wegneem met sy uitlatings oor ekonomiese bemagtiging en ekonomiese vryheid.
Volgens Meshoe sal Malema veral jong mense lok wat werkloos is.
