Staking by Lonmin dalk afgeweer

n Staking by Lonmin se myne is moontlik afgeweer nadat die mynmaatskappy nié ‘n stakingskennisgewing van die mynvakbond, AMCU ontvang het nie.

Die vise-president van die vakbond, Jeff Mthahmeme was ook onbewus dat so ‘n kennisgewing aan die mynbestuur oorhandig sou word.

Die myn se woordvoerder, Sue Vey het bevestig dat daar nog geen ooreenkoms met AMCU bereik is om dit as die meerderheidsvakbond by sy myne te verklaar nie.

AMCU het ook verskeie ander eise op die tafel geplaas. Vey sê die maatskappy is daartoe verbind om ‘n ooreenkoms te bereik wat in die beste belang van al sy werkers sal wees.

Die geskil is vir arbitrasie verwys en sal later die maand aangehoor word.

Adjunk-president Kgalema Motlanthe vergader môre met die Kamer van Mynwese en vakbonde in die mynbedryf.

Maak 'n opvolg-bydrae