Een in elke vier Johannesburgse bestuurders het omkoopgeld aan die verkeerspolisie in 2010 betaal, het Corruption Watch se uitvoerende direkteur, David Lewis, Maandag gesê. “[Die verslag asook ander opnames] toon dat een uit elke vier padgebruikers in Johannesburg al omkoopgeld betaal het,” het hy aan die media in Johannesburg gesê verwysende na ‘n opname van
Sjebeens in Wes-Kaap skep werk
Navorsing wat deur die konsultantegroep Sustainable Livelihood namens die Wes-Kaapse regering gedoen is, toon dat duisende mense hul werk kan verloor indien onwettige sjebeens in townships gesluit word, berig RSG. Soveel as 25 000 drankhandelaars doen in die Wes-Kaap sonder dranklisensies sake, met ongeveer 150 000 mense wat in dié sjebeens werk. Leif Peterson, ‘n
SA omhels kernkrag
Die bestuurshoof van Eskom, Brian Dames sê die oogmerk is dat Suid-Afrikaanse maatskappye uiteindelik die grootste deel van die kontrak moet kry in die plan om ses kernaanlegte te waarde van 400 miljard rand in die land te bou. Maatskappye van Frankryk, die VSA, Japan, Suid-Korea, China en Rusland het reeds aangedui dat hulle in
Grapjas praat mense bang oor ‘onderdrukkende apartheid’ wat gaan terugkeer
‘n Onderdrukkende stelsel wat soortgelyk is aan apartheid kan terugkom indien Suid-Afrikaners nie meer betrokke raak en die regering verantwoordbaar hou nie, het die grapjas Pieter-Dirk Uys Maandag gesê. “Apartheid sal nooit, ooit terugkeer onder dieselfde naam nie,” het Uys gesê in ‘n openbare lesing deurspek met ooglopende teenstrydighede by die Universiteit van die Witwatersrand
Lees verder: Grapjas praat mense bang oor ‘onderdrukkende apartheid’ wat gaan terugkeer
BHP-Billiton se verkragting van SA-ekonomie sal ongestraf bly
Mick Davis, Eskom Finansiele Direkteur in 1994 (sic), het ‘n goeie plan gehad om van die destydse surplus elektrisiteit te verkoop …. aan Gencor se Alusaf. Beloning vir Mick Davis se slim Eskomplan: pos by dieselfde Gencor, die eienaar van Alusaf. Brian Gilbertson, voormalige HUB, skryf só oor Davis: “Davis joined Gencor in 1994 but
Lees verder: BHP-Billiton se verkragting van SA-ekonomie sal ongestraf bly
Oud-rugbykaptein sê jammer oor rassistiese kommentaar
Die voormalige Springbok-kaptein, Bob Skinstad, het om verskoning gevra vir die gebruik van ‘n rassistiese term tydens sy kommentaar op ‘n Super Rugby-wedstryd, volgens ‘n berig. The Star het Maandag berig dat hy die woord “coconut” gebruik het tydens ‘n wedstryd tussen die Sharks en die Chiefs van Nieu-Seeland Saterdag. Die woord is gebruik om
Lees verder: Oud-rugbykaptein sê jammer oor rassistiese kommentaar
Pro- of anti-Amerikaanse Frankryk?
Die oorlog in Afghanistan, die globale ekonomie, die verloop van Europese integrasie of disintegrasie, asook die Chinese en Amerikaanse invloed in Afrika gaan binnekort gekleur word deur die uitslag van die Franse verkiesing. Een van die twee vernaamste aanspraakmakers – Nicolas Sarkozy van die sentrum-regse Unie vir ‘n Populêre Beweging en Francois Hollande van die
Staat moet konstruksie, sement, staal vestig
Cosatu het die regering versoek om ‘n staatskonstruksie- en sementmaatskappy asook ‘n staalmaatskappy te vestig om bekostigbare insette te verseker in sy ambisieuse infrastruktuur-program. Cosatu se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, het gesê die program in sy huidige vorm sal waarskynlik misluk agv die tenderproses. “Geen van die vinnig groeiende ekonomieë ontwikkel hul infrastruktuur deur middel van
80% van hoërskoolkinders drink gereeld
Bykans 80 persent van ‘n groep hoërskoolleerlinge in Gauteng wat aan ‘n meningspeiling deelgeneem het, sê hulle gebruik gereeld alkohol. Volgens die Buro vir Marknavorsing het meer as 66 persent van die sowat vierduisend-300 leerlinge in Grade 8 tot 12 wat deelgeneem het, gesê hulle was al dronk gewees, 44 persent het ook al fuifpartye
Marine Le Pen vaar uitstekend in derde plek
Nicolas Sarkozy, Franse president, is volgens die jongste peilings in die eerste ronde geklop deur sy Sosialistiese teenstander, Francois Hollande. Marine Le Pen sal in Sondag se eerste ronde van Frankryk se presidensiële verkiesing waarskynlik derde eindig met ‘n baie sterk vertoning. Hollande het 28,4 persent van die stemme, met Sarkozy, in die tweede plek
