The Star het Maandag berig dat hy die woord “coconut” gebruik het tydens ‘n wedstryd tussen die Sharks en die Chiefs van Nieu-Seeland Saterdag.
Die woord is gebruik om na die Chiefs-vleuel Lelia Masaga te verwys wat koppe gestamp het met die Sharks se Lwazi Mvovo, terwyl hulle probeer het om te gaan vir ‘n hoë bal.
Albei spelers is beseer en moes die veld verlaat.
“Lelia Masaga het kop omhoog in ‘n absolute “coconut-tackle” reguit vir Lwazi Mvovo gegaan en probeer om sy kop af te stamp,” het hy gesê.
Later het Skinstad gesê dat hy die betekenis verkeerd verstaan het.
Chiefs se losvoorspeler Scott Waldrom het getwiet: “Weet die SA-kommentator dat die term ‘coconut tackle’ eintlik ‘n neerhalende term is? “
Skinstad het geantwoord: “het die woord gehoor en gedink dit beteken mik na die kop – geen kwaad bedoel jammer.”
Twittergebruiker @ Broncos_NRL het getwiet “coconut is ‘n rassistiese term om ‘n Suidsee-eilander te beskryf, dit is soos die N-woord vir ‘n swart man”.
