Beloning vir Mick Davis se slim Eskomplan: pos by dieselfde Gencor, die eienaar van Alusaf. Brian Gilbertson, voormalige HUB, skryf só oor Davis:
“Davis joined Gencor in 1994 but was given the role of looking after Trans-Natal, renamed Ingwe Coal Corporation. He was eventually its chairman and, says Gilbertson, ‘built it successfully’.
“But it was with the creation of Billiton from Gencor and its listing in London that Davis established himself internationally. ‘He was my right-hand man in all we did,’ says Gilbertson.”
Billiton kon suksesvol in Londen gelys word, op die rug van die goedkoop krag tot Alusaf se beskikking – destyds die goedkoopste krag op aarde.
In 1999 het Billiton al die versekering gehad, vanaf President Mandela, dat ‘n Billiton-aliminumsmelter in Mosambiek ook Eskom- en ander Suid-Afrikaanse finansiele voordele sou verkry.
Meneer Xolani Mkhwanazi was destyds die HUB van NERSA.
Xolani Mkhwanazi moes volgens wet die kragtariefkontrakte vir Mozal I, Hillside II en Mozal II onderteken het.
Na daardie kontrakte het Mkwanazi as HUB van NERSA in 2004 bedank, en ‘n jaar later word dieselfde Mkwanazi HUB van BHP-Billiton Aluminium Suid-Afrika.
Vandag is Xolani Mkwanazi voorsitter van BHP-Billiton Suid-Afrika, asook President van die Kamer van Mynwese.
Let daarop dat BHP-Billiton se ingevoerde aluminiumerts vir BHP-Billiton se aluminiumsmelters in Suid-Afrika en Mosambiek uit Australië kom, en dat Suid-Afrikaanse mynprodukte soos chromiet na China uitgevoer word, omdat daar nie genoeg krag in Suid-Afrika oor is om die Suid-Afrikaanse chroomerts hier te verryk met Suid-Afrikaanse krag en reduktant nie.
Die duur reduktant vir die ingevoerde aluminiumerts word ook deur BHP-Billiton na Suid-Afrika ingevoer.
Dus: Mkhwanazi se huidige hoofposisies by beide BHP-Billiton en tergelykertyd die Suid-Afrikaanse Kamer van Mynwese, bestaan ook uit botsende belange, ter waarde van biljoene Rande, tot nadeel van die Suid-Afrikaanse ekonomie. As gevolg van baie Australiese bauxiet, behoort Mkhwanazi van BHP na regte die President van die Australiese Kamer van Mynwese te wees.
Dat Suid-Afrikaanse hoofde van Suid-Afrikaanse chroomsmelters bogenoemde belangebotsing nog nie gebruik het nie, dui aan dat hulle nie so uitgeslape is soos ‘n Mick Davis nie.
Mkwanazi se NERSA-HUB handtekening moet op die latere Billiton-Eskom kragtariefkontrakte staan, net soos Mick Davis destyds van Eskom, se handtekening op die eerste kragkontrak met Gencor moet wees.
Daarom het BHP-Billiton toe tog later teen die hofuitspraak geappelleer, om nie die lyste van kontrakte-ondertekenaars te publiseer nie. Dis ‘n openbare verleentheid dat beide betrokke Eskom/NERSA-bestuurders daarna deur Biliton in hoogs besoldigde bestuursdiens geneem is.
Eers is Davis, en toe Mkwanazi beloon vir biljoene Dollars verdien vir Gencor/Biliton. Daardie Dollars het Billiton gebou, en BHP-Billiton moontlik gemaak. Marius Kloppers was ook eers ‘n HUB en GM by Alusaf-aluminium. Die bedryf het so baie geld met goedkoop Eskomkrag en duur Australiese erts gegenereer, dat Marius Kloppers dit ook verdien om vandag hoof van BHP-Billiton te wees.
Die wêreld se grootste en rykste hulpbronmaatskappy, genoteer in Londen, is moontlik gemaak deur goedkoop Eskomkrag, ter voordeel van biljoene Dollars, tot vandag se Suid-Afrikaanse kragkrisis.
Billiton het bo en behalwe goedkoop Suid-Afrikaanse krag, ook ander addisionele topvoordele van die Suid-Afrikaanse staat met die Mozalprojek verkry, waarvan die monetêre waarde biljoene Rande beloop.
Bogenoemde is nie onwettig nie. Daar is ook voordele vir lande danksy sulke beleggings op die kort-termyn. Op die langtermyn egter, is die grootste voordeel geneig om na die multinasionale maatskappy te gaan, soos hier in BHP-Billiton se geval duidelik is. BHP het voordelige langtermyn Eskomkragkontrakte, Suid-Afrikaanse erts-smelters nie.
Die Suid-Afrikaanse regering sou hiermee saamstem, soos in die Yskor-Mittal geval. Aanvanklik is daar voordele vir die land, later nadele. Meneer Mittal se manjifieke oorname van Yskor deur ‘n slim werkverrigtingsooreenkoms soos ondersteun deur die Suid-Afrikaanse staat, het dit later vir Mittal moontlik gemaak om deur middel van International Steel Group vir Arcelor oor te neem.
Sonder die reuse Yskor-meevaller sou Mittal nie vir ISG en daarna vir Arcelor kon oorgeneem het nie. Nou het Suid-Afrika nie goedkoop staal nie, en ook nie goedkoop krag nie. Laasgenoemde lei ook tot eersgenoemde. Dis ‘n bose kringloop. Goedkoep staal en steenkoolkrag gaan saam: dis hoe die Europese Ekonomiese Gemeenskap begin ontwikkel het na WOII se verwoesting.
Suid-Afrika is ook industrieel ontwikkel met goedkoop staal en goedkoop krag, en kan nie daarsonder vinnig genoeg groei nie. Die Suid-Afrikaanse mynwese met sy diep myne is ook afhanklik van goedkoop koolstofstaal en goedkoop krag, net soos Suid-Afrika se metallurgiese smeltindustrie, wat Suid-Afrikaanse ertse verryk.
BHP-Billiton hoef hulself nie aan hofuitsprake te steur nie, as hulle nie wil nie.
Hulle het baie en slim regsgeleerdes, en kan mense wat hulle finansiële belange bevorder, beloon.
Sommige sakemense het soms baie invloed. Marc Rich van Glencore byvoorbeeld, het persoonlik ‘n uit-die-tronk-kaartjie van President Bush verkry, en vandag is Glencore baie groot en finansieel gesond.
Om kragte met die grootste internasionale hulpbronmaatskappy en Eskom in die hof te meet, sal te duur wees. Die saak gaan ten diepste oor tientalle biljoene Rande per jaar vir nog talle jare, dus hulle kan letterlik honderde miljoene Rande per jaar aan regsverdediging spandeer oor baie jare, en nog steeds ‘n fantastiese opbrengs op die regsonkostes verkry.
