Boere in die Witzenberg-distrik – wat Ceres, Tulbagh, die Koue Bokkeveld, Wolseley en die vallei insluit – se drome van ’n goeie oes is verlede Vrydag deur ’n haelstorm verwoes. Die Burger berig dat tussen R150 miljoen en R200 miljoen se skade in Ceres deur hael aan boere se appel- en peer-oeste aangerig is. Dié
Mosambiek stem sonder Renamo
Stemmery in Mosambiek het grooliks vreedsaam verloop in gister se verkiesing te midde van spanning en sporadiese voorvalle van geweld wat die afgelope tyd tussen die regering en die opposisieparty Renamo voorgekom het. Renamo het die verkiesing geboikot. In sommige gebiede het ongerymdhede voorgekom en die Verkiesingskommissie het aangekondig dat die uitslag in die Nampula-provinsie
Regstappe teen Indiër-kontrakteurs van Tongaat-gebou
Die ondervoorsitter van Cosatu in KwaZulu-Natal, Beauty Zibula, het gevra dat regstappe teen die kontrakteurs van die winkelsentrum by Tongaat noord van Durban ingestel word. Die Indiër-kontrakteurs se konstruksiewerk het inmekaargestort nadat werkers op die perseel aangedui het dat die beton nie “hard” was nie. Die werkers het ‘n gerammel soos donderweer gehoor, waarna die
Lees verder: Regstappe teen Indiër-kontrakteurs van Tongaat-gebou
Ons wit olifant
Deur Johann Theron. Die Kerk-Staat skeiding word alreeds oor eeue bespreek. Wikipedia wys die “Flushing Remonstrance” van 1657 was ‘n publieke beswaar teen Peter Stuyvesant se Staat van “New Netherland”, wat net een kerk toegelaat het nl. Die NG Kerk. Die gedagte agter een Kerk was onder andere om welsyn te konsolideer. Maar in teenstelling
Polisie steel glo R2 miljoen se drank
Twee polisiebeamptes is in Elsburg, Germiston, in hegtenis geneem nadat hulle ‘n vragmotor gekaap en drank ter waarde van R2 miljoen gesteel het, het die Valke gesê. Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder, het gesê ‘n adjudant-offisier en ‘n konstabel het op 1 November ‘n vragmotor op die N3 afgetrek. Die vragmotorbestuurder en sy passasiers is by
Zuma se regspan verdien byna R9 miljoen
Pres. Jacob Zuma se regsverteenwoordigers is die afgelope vier jaar meer as R8,8 miljoen betaal, het Jeff Radebe, minister van justisie, gesê. Radebe het Woensdag in ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag in die parlement gesê die firma Hulley & Vennote het in 2009/10 altesaam R7 945 971 ontvang, R570 068 in 2010/11 en R327
Nederlanders betaal skoonmaker-alkoholiste in bier
Tipiese Nederlandse pragmatisme om die probleem van die anti-sosiale gedrag op te los, sal skok in die meeste ander lande. Vroeg in die oggend agter ‘n huis in Amsterdam, staan ‘n handvol alkoholiste gereed om die omliggende strate skoon te maak, bier en sigaret in die hand . Vir ‘n dag se werk, sal die
Lees verder: Nederlanders betaal skoonmaker-alkoholiste in bier
Oproer by Brits oor water
Ontstoke inwoners van Letlhabile naby Brits in Noordwes het paaie met brandende bande, klippe en skrotmetaal versper. Die polisie sê die mense het ‘n munisipale watertenkwa weggewys omdat hulle lopende water in hul huise wil hê. Die gemeenskap is sedert Saterdag sonder water. ‘n Polisiebeampte op die toneel het gesê dat die inwoners dreig om
Eskom verlaag BHP Billiton se kragtoevoer
Eskom het in ‘n poging om druk op die nasionale kragnetwerk te verlig, sy kragtoevoer aan die mynreus, BHP se aluminiumsmelters verlaag. Die kragverskaffer het vroeër ‘n noodtoestand verklaar weens die ernstige druk op die kragnetwerk ná die verlies van bykomende opwekkingseenhede kort nadat hulle aangeskakel is. Eskom het gewaarsku dat die kragnetwerk vir die
SA wil sanksies teen Zim-bloeddiamante opgehef hê
Suid-Afrika het Dinsdag betoog dat die VSA sy boikot op Zimbabwiese myne opskort en dié land se diamante verkoop – in navolging van die Europese Unie. Welile Nhlapo van Suid-Afrika, die roterende president van die Kimberley-proses, het aangevoer Zimbabwe het “aanbeweeg” en dat die opheffing van die sanksies die land sal help om weer “stabiliteit
Lees verder: SA wil sanksies teen Zim-bloeddiamante opgehef hê
