Vir drie maande al gaan 16.000 Noord-Kaapse leerlinge nie skool nie as gevolg van gewelddadige betogings. Protes oor die gebrek aan teerpaaie in die John Taolo Gaetsewe Distriksmunisipaliteit by Kuruman, het onderwysers gedwing om die hekke van meer as 35 skole vanaf Graad R tot Graad 12 sedert Junie te sluit. Skole in verskeie dorpe
‘Zille is net soos Malema’
Daar is geen verskil tussen Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), en Helen Zille, leier van die DA en premier van die Wes-Kaap, nie, het Buti Manamela, sekretaris-generaal van die Jong Kommunisteliga (YCL), gesê. “Daar is geen verskil tussen die twee nie; baie soos wat Floyd Shivambu (geskorste woordvoerder van die ANCYL) eintlik
Ramaphosa wys vinger na ander
Almal wat betrokke was by die opbou na die skietery by Lonmin se Marikana-myn, is verantwoordelik vir die 34 mynwerkers se dood, skryf Cyril Ramaphosa, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), in die Sunday Times. “Daar is baie min onskuldiges in hierdie tragiese saga. Diegene wat die grootste verlies gely het –
Zille vir laster gedagvaar
DA-leier, Helen Zille word tans vir laster gedagvaar deur Midvaal fluitjieblasers Cornelius Pypers en Jacobus Hoffman. Media24 swyg in alle tale oor die lastereis. Die span het wat hulle glo wanadministrasie in die Midvaal-munisipaliteit was, by die Openbare Beskermer gerapporteer. Zille beskryf Pypers en Hoffman egter as “onderduimse fluitjieblasers van Midvaal” in haar artikel in
Britse polisieman adverteer Assange-stormplan
Planne om Julian Assange te gryp “onder alle omstandighede” die oomblik wat hy by die Ecuadoriaanse ambassade in Londen uitkom, is geopenbaar deur ‘n polisiebeampte wat sy opdrag op ‘n amptelike vel papier by hom gehad het en omgedraai het na die kameras. Die dokument was half onder die beampte se arm deur Press Association
Britte laat vaar dreigement om Assange te gryp
Ecuador sê Brittanje het die dreigement om sy ambassade binne te val, laat vaar om WikiLeaks-stigter Julian Assange te arresteer. Dié verwikkeling het gelei tot die verligting van spanning tussen die twee lande in hul voortgesette diplomatieke twis. Die Ecuadoriaanse regering het dié kommunikasie met die Britse Foreign Office onthul. “Ons beskou hierdie ongelukkige voorval
Duitse Pussy Riot kan drie jaar kry
Drie jaar in die gevangenis is ‘n vooruitsig vir ‘n paar Duitse volgelinge van Russiese punkgroep Pussy Riot. Die Katolieke Kerk het aanklagte teen Keulenkatedraal se indringers gebring, wat nou langer tronkstraf as hul heldinne in Rusland in die gesig staar. Die drie betogers is aangekla van die versteuring van ‘n diens wat volgens die
‘Malema is ‘n regse leier’
Geskorsde ANC-jeugligaleier Julius Malema het nie werkers by die Lonminmyn in Marikana uitgebuit nie, het voormalige Jeugligawoordvoerder Floyd Shivambu Saterdag gesê. “Hierdie mynwerkers is nie dwase nie, hulle is nie lewelose liggame nie, hulle is nie robotte nie, dit is broodwinners, vaders, broers en familiehoofde van baie huishoudings en hulle weet wie hul belange die
Nege vir hoogverraad tereggestel in Gambië
Nege mense is in Gambië tereggestel, dae nadat president Jahja Jammeh belowe het om gevangenes wat ter dood veroordeel is teen die einde van September vry te laat, het Amnestie Internasionaal Vrydag gesê. Die groep het gesê nege gevangenes insluitend een vrou en verskeie Senegalese burgers, is uit hul selle geneem en laat Donderdag tereggestel.
Malema, Amcu kry heldeontvangs
Die ANC-leiers was nie in staat om Malema by die gedenkdiens vir Marikana-slagoffers stil te kry nie, en moes self druipstert die aftog blaas. Soos Praag vroeër voorspel het, is die voormalige leier van die Jeugliga steeds ‘n faktor in die Suid-Afrikaanse politieke landskap. “Ek wil die kamerade van die Vriende van die Jeugliga bedank
