Britte laat vaar dreigement om Assange te gryp

Ecuador sê Brittanje het die dreigement om sy ambassade binne te val, laat vaar om WikiLeaks-stigter Julian Assange te arresteer. Dié verwikkeling het gelei tot die verligting van spanning tussen die twee lande in hul voortgesette diplomatieke twis.

Die Ecuadoriaanse regering het dié kommunikasie met die Britse Foreign Office onthul.

“Ons beskou hierdie ongelukkige voorval as verby, na ‘n ernstige diplomatieke fout deur die Britte wat gesê het hulle sal ons ambassade binneval,” het Ecuador se president Rafael Correa gesê tydens ‘n weeklikse media-inligtingsessie.

Ecuador het aan Assange politieke asiel toegestaan​​, maar die Verenigde Koninkryk sê hulle sal hom arresteer indien hy die ambassade verlaat om hom te deporteer na Swede, waar hy vir ondervraging oor seksuele aanranding gesoek word.

Dit het tot gespanne verhoudings tussen Londen en Quito gelei, wat woedend was nadat die Britse owerhede gewaarsku het dat hulle die Ecuadoriaanse ambassade sal binneval om Assange te gryp.

Daar skuil egter nog ‘n fluitjieblaser in die ambassade, by name Andrea Davison. Me Davison is geen gewone asielsoeker nie, maar is in besit van belangrike bewyse vir die Chilcot-ondersoek (Irak-ondersoek) wat vorige en huidige Britse premiers, LP’s en lede van die House of Lords klaarblyklik in onwettige optrede impliseer. Sy is ‘n deskundige op die gebied van biologiese oorlogvoering.

Dié belangrike dokumente het sy in camera aan die vorige Scott-ondersoek oor die oorlog in Irak voorgelê.

Davison wou die tans gekonfiskeerde dokumente (7000 van hulle) aan die Chilcot-ondersoek voorlê, en as getuie gehoor word. Sy sê egter haar lewe word bedreig.

Die aankondiging kom ‘n dag nadat al die lede van die Organisasie van Amerikaanse State, behalwe vir die VSA en Kanada, hul volle ondersteuning aan Ecuador toegesê het oor Assange.

Senior amptenare van die 35-staat blok het hul algehele goedkeuring geheg aan ‘n resolusie van solidariteit met Ecuador. Hulle het hul reg op soewereiniteit bevestig en “die gebruik van geweld in die oplos van konflik veroordeel”.

Vroeër het die Ecuadoriaanse president gesê: “Sodra ons asiel verleen aan Assange, hy is onder die beskerming van Ecuador, en ons sal alles doen om seker te maak hierdie beskerming is effektief.”

данильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae