Planne om Julian Assange te gryp “onder alle omstandighede” die oomblik wat hy by die Ecuadoriaanse ambassade in Londen uitkom, is geopenbaar deur ‘n polisiebeampte wat sy opdrag op ‘n amptelike vel papier by hom gehad het en omgedraai het na die kameras.Die dokument was half onder die beampte se arm deur Press Association se fotograaf, Lewis Whyld afgeneem en vergroot. Die opdrag is duidelik.
Selfs as Assange die gebou in ‘n diplomatieke sak of in ‘n diplomatieke motor verlaat moet die polisie hom gryp.
Dis ‘n handgeskrewe plan van ‘n polisie-inligtingsessie wat die beampte voor die ambassade in Knightsbridge Vrydag gewys het. Dalk aspris, dalk per ongeluk. Wie weet?
Dit lees: “Kort – EQ Ambassade kort – Opsomming van die huidige posisie Re Assange stappe wat vereis word – Assange om onder alle omstandighede in hegtenis geneem te word.” Dit maak dan verwysing na ‘n “dip sak” en ‘n “dip voertuig”.
Scotland Yard sê oor die foto: “Onder geen omstandighede sal ‘n arrestasie gemaak word wat diplomatieke immuniteit breek nie.”
