Die span het wat hulle glo wanadministrasie in die Midvaal-munisipaliteit was, by die Openbare Beskermer gerapporteer.
Zille beskryf Pypers en Hoffman egter as “onderduimse fluitjieblasers van Midvaal” in haar artikel in ‘n elektroniese nuusbrief, South Africa Today.
Zille het geskryf: “Mnr Hofmann se kort reis van die VF + na die ANC is nie moeilik om te peil nie – na alles, is hierdie partye twee kante van dieselfde munt. Cornelius Pypers en Kobus Hoffman beide het ‘n eier te lê. En albei het ‘n smaak ontwikkel vir die misbruik van openbare geld – selfs wanneer hulle ander beskuldig daarvan. As iemand in Midvaal korrup is, is dit die twee van hulle.”
Die DA-leier het ook gesê in haar artikel dat Pypers homself voorgestel het as ‘n heldhaftige fluitjieblaser, maar in werklikheid, “het hy iemand nodig om die fluitjie te blaas oor sy eie optrede”.
Sy het gesê dit het onder haar aandag gekom dat: “Eksterne ouditeure wat gekontrakteer is deur die raad het bevind dat Pypers sy tuinier gebruik het as ‘n SEB-maatskappyfront in die hoop dat hy munisipale tenders sal kan wen (korrupsie in enige iemand se taal)”
Die artikel is gepubliseer op 11 November 2011. Hierdie week het Pypers en Hoffman gesê in regsdokumente dat Zille se bewerings “is vals en lasterlik en word as sodanig verstaan”.
Die klag teen Zille lui dat “die woorde en innuendo onregmatig en lasterlik is en veroorsaak skade aan ons kliënte en hul reputasie”.
“U word hiermee versoek om hierdie kommentaar onmiddellik te verwyder van die nuusbrief en om te staak met die verspreiding van sulke valse en lasterlike gerugte en om formeel ‘n verskoning te publiseer aan ons kliënte, by gebreke waarvan, dit ons opdrag is om regstappe te neem teen u en u party en skadevergoeding van uself en u party te eis.”
Pierre-Charl du Preez, woordvoerder in die DA-leier se kantoor het gesê die party sal die regsaksie teenstaan.
