‘Malema is ‘n regse leier’

Geskorsde ANC-jeugligaleier Julius Malema het nie werkers by die Lonminmyn in Marikana uitgebuit nie, het voormalige Jeugligawoordvoerder Floyd Shivambu Saterdag gesê.

“Hierdie mynwerkers is nie dwase nie, hulle is nie lewelose liggame nie, hulle is nie robotte nie, dit is broodwinners, vaders, broers en familiehoofde van baie huishoudings en hulle weet wie hul belange die beste kan verteenwoordig,” het hy gesê in ‘n verklaring, uitgereik deur die Vriende van die Jeugliga.

Verlede week, is 34 mense dood en 78 beseer toe die polisie losgebrand het op stakende werkers.

In die week wat gelei het tot die skietery, is nog 10 mense – waaronder twee polisiebeamptes en twee veiligheidswagte – dood.

Die protes is word gekoppel aan wedywering tussen die National Union of Mineworkers (NUM) en Amcu oor erkenningsooreenkomste. Werkers wou ook hoër lone hê.

Shivambu het aantygings deur die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde (Cosatu) verwerp dat Malema die myntragedie gebruik om die vakverbond te destabiliseer.

“Ons is nie vyande van Cosatu nie en sal nooit wees nie. Vir seker sal ons nooit wegskram van die waarheid nie en sal ons te alle tye swakhede wat tans die arbeidersbeweging teister, ontbloot,” het hy gesê.

Vrydag het Zwelinzima Vavi, Cosatu se sekretaris-generaal, gesê dat die politieke leiers die werkers uitbuit.

“Skielik is politici, ver verwyder van die werklikheid van werkers… besig in die opportunistiese posisionering van hulself as die kampioene van die RBO’s (rotsbooroperateurs),” het hy aan verslaggewers gesê in Johannesburg.

“Hulle nuutste lid is … Julius Malema, wat in wese ‘n ryk, regse leier is wat demagogies enige waargenome swakheid uitbuit en werkers aanmoedig om hul unie te verlaat, hul enigste manier van verdediging.”

Shivambu het gesê daar was niks “regs” omtrent Malema nie.

“Daar is heeltemal niks regs in die advisering van werkers om te verenig onder ‘n meer militante unie as die een wat hulle uitverkoop en doodmaak wanneer hulle verteenwoordiging eis nie.”

“Wat regs is, is leiers van werkers wat meer as ‘n R1-miljoen in jaarlikse salarisse ontvang as gevolg van die sweet en bloed van mynwerkers.”

In Mei het die Mail & Guardian Online berig dat die NUM se hoofsekretaris Frans Baleni meer as R1.4 miljoen per jaar verdien.

топкарго отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae