‘Zille is net soos Malema’

Daar is geen verskil tussen Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), en Helen Zille, leier van die DA en premier van die Wes-Kaap, nie, het Buti Manamela, sekretaris-generaal van die Jong Kommunisteliga (YCL), gesê.

“Daar is geen verskil tussen die twee nie; baie soos wat Floyd Shivambu (geskorste woordvoerder van die ANCYL) eintlik dieselfde as Lindiwe Mazibuko (parlementêre leier van die DA) is.”

Manamela het namens die YCL ‘n toespraak in Katlehong, Ekurhuleni, gelewer.

Hy het gesê die “sogenaamde” Vriende van die Jeugliga is eintlik net nog ‘n politieke party.

Die organisasie is “net so slegs soos die DA,” het hy gesê.

лобановский александр

Maak 'n opvolg-bydrae