Noord-Kaapse onderwys stort ineen

Vir drie maande al gaan 16.000 Noord-Kaapse leerlinge nie skool nie as gevolg van gewelddadige betogings.

Protes oor die gebrek aan teerpaaie in die John Taolo Gaetsewe Distriksmunisipaliteit by Kuruman, het onderwysers gedwing om die hekke van meer as 35 skole vanaf Graad R tot Graad 12 sedert Junie te sluit.

Skole in verskeie dorpe is gedwing om te sluit nadat inwoners amok begin maak het, geboue afgebrand en onderwysers en leerlinge gedreig het.

Inwoners eis teerpaaie wat lei na die N14, en gemeenskapsleiers het glo ‘n sakeplan aan die provinsiale departement van paaie en openbare werke oorhandig.

Die uitbreek van die geweld en die skynbare mislukking van die onderwys-amptenare om in te gryp is ‘n teken van die land se nie-funksionerende onderwysstelsel. Handboeke wat makeer in Limpopo, Noordwes, Mpumalanga, die Vrystaat en die Oos-Kaap is die minste van die land se onderwyskopsere.

Verlede jaar, het die Noord-Kaap ‘n 68,8%-matriekslaagsyfer behaal – af van 72,3% in 2010.

Die distriksmunisipaliteit by Kuruman word as een van die swakste distrikte in die Noord-Kaap beskou. Die distrik is een van die swakste in die provinsie met meer as 180 geen-skoolgeld-skole.

Die provinsiale onderwysdepartement se woordvoerder Sydney Stander, het gesê: “Ons is bewus van die situasie al vir drie maande. Vanaf die begin toe die protes begin het, was al die kwessies wat geopper is nie-onderwyskwessies.

“Die betogers verkies skole, want hulle is sagte teikens, en dreig onderwysers en leerlinge.

“Hulle het die sluiting van skole in verskeie dorpe insluitend Glenred, Dithakong, Bothithong, Loopeng, Laxey genoop,” het Stander gesê.

Hy het gesê ingryping is moeilik vanweë die hoë vlak van intimidasie, met alle ingange tot dorpe geblokkeer.

“Verskeie staats-en private eiendom is erg beskadig en aan die brand gesteek in die proses.”

‘n Woordvoerder vir die minister van onderwys sê: “Die minister hou agter die skerms gesprekke om die dooiepunt op te los. Sy sal die geaffekteerde gebied besoek in ‘n paar dae se tyd.”

 

прокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae