Met die provinsie se politici in die greep van vrees na aanleiding van ‘n vlaag politieke moorde oor die afgelope vyf jaar, het die stad ‘n bykomende R10-miljoen vir hul veiligheid begroot.
Die stad het 11 raadslede wat lyfwagte teen ‘n koste van R1.4 miljoen per maand huur.
Die stad het besluit op beskerming nadat drie raadslede binne ‘n tydperk van twee jaar vermoor is. In die aanpassing vir die 2012-2013 finansiële jaar, is ‘n bykomende R10-miljoen vir raadslede se veiligheid aangevra.
Die koste van die beskerming van raadslede van byna R2 miljoen in die vorige finansiële jaar het tot R18 miljoen toegeneem in die huidige finansiële jaar. Die huidige voorstel sal na verwagting die begroting tot R28 miljoen opstoot.
Opposisie partye het die skuif veroordeel, en sê dat sodanige besteding op lyfwagte onnodig is.
Minstens ses raadslede in verskeie KwaZulu-Natal munisipaliteite is vermoor oor die afgelope 15 maande, met 33 mense van die NFP, IVP en ANC wat in politieke moorde sedert 2008 doodgemaak is.
Om ‘n einde te maak aan die politieke moorde in die provinsie, het die minister van polisie, Nathi Mthethwa, twee senior polisiebeamptes ontplooi om te werk met ‘n provinsiale taakspan om politieke moorde in die provinsie hok te slaan.
