Malema, Amcu kry heldeontvangs

Die ANC-leiers was nie in staat om Malema by die gedenkdiens vir Marikana-slagoffers stil te kry nie, en moes self druipstert die aftog blaas. Soos Praag vroeër voorspel het, is die voormalige leier van die Jeugliga steeds ‘n faktor in die Suid-Afrikaanse politieke landskap.

“Ek wil die kamerade van die Vriende van die Jeugliga bedank omdat hulle betaal het vir hierdie tent. Jou regering het nie iets betaal om jou te help nie. Die enigste rede waarom hulle hier is, is om te poseer vir die kameras om te verseker dat dit kan aangeteken word dat hulle hier was,” het Malema onder luide toejuiging gesê.

Verskeie kabinetsministers moes die diens vroeg verlaat. Siyabonga Cwele (intelligensie), Collins Chabane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula (Verdediging) en Aaron Motsoaledi (Gesondheid).

So vyandig was die atmosfeer by die roudiens dat Noordwes se premier Thandi Modise en ander deur ‘n veiligheidskontingent vergesel moes word van die lokaal. Lede van Amcu het vinnig die ministers se stoele ingeneem.

Die regterlike kommissie van ondersoek sal gelei word deur regter Ian Farlam. Dit is vier maande gegee om sy werk te voltooi.

Malema het weer ‘n oproep gedoen dat die myne genasionaliseer moet word.

“Ons is hier saam met jou. Jy moet aanmarsjeer. Moet nooit luister na lafaards nie.”

Nadat Malema gepraat het, het Amcu se president Joseph Mathunjwa ingekom met ‘n groot gevolg, en die beplande verrigtinge ontwrig.

Die werkers het hom ‘n warm ontvangs gegee, terwyl hulle gedreunsing het “Phansi NUM, phansi [af met NUM]”.

Mathunjwa, wat deur ‘n imbongi (tradisionele pryssanger) voorgestel is, het die skuld vir die tragedie op Lonmin geplaas, en die mynbestuur beskuldig daarvan dat hulle uit die onderhandelinge gestap het.

Vroeër, was daar ‘n meningsverskil tussen die werkers en die Vriende van die Jeugliga oor wie die herdenking diens sou organiseer.

Die werkers, gelei deur Xolani Ndzuza, het uiteindelik ingestem dat dit deur die SA Raad van Kerke gedoen word en befonds word deur die Vriende van die Jeugliga.

Nadat die ministers vertrek het, het ‘n onbekende man Malema voorgespring by die mikrofoon om vir Zuma se bedanking te vra.

“Julius Malema is die president van die ANC. Staan op sodat hulle jou kan sien,” het hy gesê, voordat hulle hom van die verhoog afgejaag het.

Vroeër, het die SA Raad van Kerke se voorsitter Bishop Joe Seoka Lonmin uitgesonder, en gesê hulle kon die slagting verhoed het. Die mynbestuur het die polisie vóór die noodlottige skietery ontbied omdat hulle nie verder wou onderhandel met die stakers nie en verklaar het dat die staking “onwettig” is.

”Mense is vermoor terwyl veg vir hul regte,” het Seoka gesê.

Hy het mynbase beskuldig van aandadigheid ook omdat hulle weier om ‘n verslag oor die lewens-en werksomstandighede van mynwerkers te bespreek.

данильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae