Hoewel foltering wydverspreid oor Afrika voorkom, beskou slegs agt van die 54 lande op die vasteland dit as ‘n kriminele oortreding. Dit is volgens die voorsitter van die Afrika-Unie se Afrika-kommissie vir Mense- en volkeregte, Catherine Dupe Atoki. Sy het gepraat by ‘n Johannesburgse perskonferensie Donderdag waar sy gesê het daar was ‘n gebrek aan
Lyk van Kaapse passasier op BA-vlug gevind
‘n Man wat laas opgemerk is toe hy oor die heining by die Kaapstad Internasionale Lughawe geklim het, se lyk is in ‘n British Airways vliegtuig in Londen gevind, het die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) Donderdag gesê. “Inligting wat van Londen se Heathrow Lughawe ontvang is, het bevestig dat ‘n verstekeling aan boord ‘n British
Histerie by Marikana-roudiens
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het met chirurgiese handskoene gehelp om roubeklaers wat by ‘n gedenkdiens in Marikana in die Noordwes ineengestort het, te behandel. Paramedici het hul hande vol gehad toe rouklaers emosioneel geraak het gedurende die diens vir 34 mynwerkers, wat ‘n week gelede in die gebied in ‘n skietery met die
Sal prins Harry met ‘n swarte trou?
Ongeërg oor sy opmerking dat Brittanje ‘n kulturele verskuiwing ondergaan het en die blankes “swart geword het”, is dr David Starkey nie bang om die sensitiewe gebied van rasseverhoudinge te betree nie. Die beroemde Britse televisiehistorikus het die herdenking van die Hertog en Hertogin van Cambridge se troue as ‘n geleentheid gesien om te bevraagteken
Nie net die keiser nie…
Die Keiser mag dalk kaal wees, maar die prins is poedelnaak! ‘n Woordvoerder van St James-paleis het bevestig dat hulle die persklagtekommissie gekontak het oor foto’s op ‘n Amerikaanse webwerf van ‘n naakte prins Harry, die koningin van Engeland Elizabeth II se kleinseun. Die foto’s is gepubliseer en wyd versprei, aanlyn. Die twee foto’s, geneem
Marikanaslagting is die erflating van Mandela
Dit gons nou al amper ‘n week sedert die slagting by hierdie myn, met oor en weer vergelykings met Sharpeville van destyds. In die gedrukte en elektroniese media en die nuuskanale is die penne nog warm soos naalde van ‘n Richterskaal wat ‘n groot aardbewing geregistreer het. Een voordeel is dat die internasionale gemeenskap nou
SA stil oor Al Kaida-ontvoering
Die Suid-Afrikaanse regering wil nie kommentaar lewer op ‘n desperate pleidooi vir hulp deur ‘n Suid-Afrikaner wat in Noord-Afrika deur Al Kaida ontvoer is nie. Stephen Malcolm, wat dubbele Suid-Afrikaanse en Britse burgerskap hou, se pleidooi is uitgesaai op Al Jazeera. Hy het gepleit vir die regering se betrokkenheid in sy vrylating. “Die Suid-Afrikaanse regering,
Etniese geweld teister Kenia
Minstens 48 Keniaane is doodgekap of gebrand in etniese gevegte tussen twee groepe, die ergste aanval sedert die bloedige geweld vier jaar gelede ná die verkiesings posgevat het. “Dit is ‘n baie erge voorval. Altesaam 31 vrouens, 11 kinders en ses mans is dood,” het Joseph Kitur, streekspolisehoof, gesê oor die konflik wat opnuut tussen
Arbeidsonrus brei na ander myne uit
Vrese dat die arbeidsgeskil by die Lonmin-myn kan uitbrei, blyk nie ongegrond te wees nie. Nog ‘n mynmaatskappy in Rustenburg in die Noordwes ondervind arbeidsprobleme, het die SABC berig. Volgens die SABC het meer as 1 000 mynwerkers by die Royal Bafokeng-platinum-myn in Rasimone buite Rustenburg ophou werk. Stakende werkers wat hul lidmaatskap met NUM
Zuma sal Lonmin oor lone nader
Pres. Jacob Zuma het Woensdag aan stakende mynwerkers gesê hy sal met Lonmin praat oor hul lone. “Ek sal aan die werkgewer ‘n nota stuur dat julle vir R12 500 vra. Ek het nog nie met die werknemer vergader nie, so ek weet nie wat sy siening hieroor is nie.” Zuma het Woensdag besoek afgelê
