“Dit is ‘n baie erge voorval. Altesaam 31 vrouens, 11 kinders en ses mans is dood,” het Joseph Kitur, streekspolisehoof, gesê oor die konflik wat opnuut tussen die Pokomo en Orma-stamme uitgebreek het.
“Altesaam 34 is doodgekap of -geslaan en die 14 ander is verbrand,” het Kitur bygevoeg.
Dit is nie duidelik wat die aanval veroorsaak het mie, maar die twee etniese gemeenskappe het al voorheen tot geweld oorgegaan oor water en grondhulpbronne.
In 2001 is ten minste 130 mense doodgemaak in ‘n rits gevegte tussen die twee groepe.
“Gevegte in die streek kom met reëlmaat voor,” het Eric Kiraithe, die polisie se nasionale worrdvoerder, gesê.
“Ons ondersoeke wys dat dit die Pokomo was wat die Orma-stam aangeval het.”
Die wetgewer Danson Mungatana, wat hierdie streek verteenwoordig, sê die gevegte is “wraakaanvalle” vir ‘n klomp kleiner aanvalle vroeër die maand.
“Die konflik bou nou al ‘n rukkie. So 10 dae terug is die Pokomo deur die Orma doodgemaak,” het hy bygevoeg.
“Hierdie is alles net wraakaanvalle.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.