Stephen Malcolm, wat dubbele Suid-Afrikaanse en Britse burgerskap hou, se pleidooi is uitgesaai op Al Jazeera.
Hy het gepleit vir die regering se betrokkenheid in sy vrylating.
“Die Suid-Afrikaanse regering, saam met sy Britse eweknie, sal nie kommentaar lewer op hierdie saak nie,” het Clayson Monyela, woordvoerder vir die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, gister gesê.
Malcolm, is saam met ‘n Nederlandse burger Sjaak Rijke en Sweed Johan Gustafsson, in November gevang terwyl hulle in ‘n straat in Mali se hooftadstad Timboektoe afgestap het.
‘n Vierde persoon in die groep is vermoor toe hulle gyselaar geneem is.
Die ontvoering het enkele weke voor die opstand teen Mali se regering plaasgevind.
Ontleders sê Franse wapens word mbv die plaaslike inwoners in die noorde van die land na Mali gebring waar daar ryk olieneerslae is, vanaf die konflikgeteisterde Libië.
Ses Franse is ook glo gevang in die noorde van Mali deur Al Kaida.
Onder die vaandel van die “Libiese Islamitiese Gevegsgroep” (LIGG), en deur die Amerikaanse State Department, die Britse Home Office, en die Verenigde Nasies se lys vir internasionale terroriste-organisasies as amptelike deel van Al Kaida verklaar in 2007, het die LIGG NAVO se militêre voor- en agterhoede op die grond verteenwoordig terwyl die Libiese lugaanval aan die gang was.
Dieselfde bevelvoerders van LIGG het meer onlangs kontant, wapens, en vegters na Sirië – so vroeg as November 2011 – gestuur waar hulle aankoms op die Turks-Siriese grens by ‘n NAVO-veilige basis opgemerk is.
Logistieke netwerke onder toesig van Westerse intelligensie tesame met hulp uit Katar en Saoedi-Arabië, vorm tans die basis vir die rebelle-aanvalle teen die Siriese regering.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.