Arbeidsonrus brei na ander myne uit

Vrese dat die arbeidsgeskil by die Lonmin-myn kan uitbrei, blyk nie ongegrond te wees nie. Nog ‘n mynmaatskappy in Rustenburg in die Noordwes ondervind arbeidsprobleme, het die SABC berig.

Volgens die SABC het meer as 1 000 mynwerkers by die Royal Bafokeng-platinum-myn in Rasimone buite Rustenburg ophou werk.

Stakende werkers wat hul lidmaatskap met NUM (National Union of Mineworkers) beëindig het, wil direk met die myn oor hulle lone onderhandel.

Werkers drom glo buite die hoofingang van die skag saam en het sewe lede aangestel om namens hulle te onderhandel.

Na bewering eis hulle ‘n verhoging van R12 000.

Anglo American Platinum, die wêreld se grootste platinum-produsent, het bevestig dat sulke eise van mynwerkers ontvang is.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae