“Ek sal aan die werkgewer ‘n nota stuur dat julle vir R12 500 vra. Ek het nog nie met die werknemer vergader nie, so ek weet nie wat sy siening hieroor is nie.”
Zuma het Woensdag besoek afgelê by Nkaneng in Wonderkop om na die stakende mynwerkers se griewe te luister.
Hy het gesê hy het gegaan om by die mynwerkers uit te vind wat op die dag van die skietery gebeur het.
“Ek hoor julle sê julle gaan nie hier weggaan totdat julle die geld kry waarvoor julle vra nie.
“Ek was nie bewus van enige ooreenkoms tussen die regering en die werkgewer dat julle doodgemaak moet word nie, soos julle sê. Dit moet ondersoek word.”
‘n Ondersoekkommissie sal elke aspek van die voorval ondersoek, het hy gesê.
