Patrick Ndlovu (18), sy medebeskuldigde, is vroeër skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en twee jaar tronkstraf opgelê, opgeskort vir vyf jaar.
Die staatsadvokaat George Baloyi, het aanbeveel dat Mahlangu lewenslank moet kry omdat die moord byna katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika gehad.
Baloyi het ter strafverswaring aangevoer dat “nie een van die twee wou getuig en die hof vertel wat werklik daardie dag in die huis gebeur het nie”.
Die sielkundige, Henk Swanepoel, het vroeër getuig in die rondgaande hof in Ventersdorp.
Swanepoel het in sy sielkundige verslag oor Mahlangu herhaal dat hy uit selfverdediging opgetree het en dat die AWB-leier hom gesodomiseer het.
