Sowat 100 onwettige immigrante kampeer tans op die grasperk van die arbeidskantoor in Lille, in die noorde van Frankryk. Hulle is sedert 15 Junie besig met ’n hongerstaking om die aandag op hulle lot te vestig.
Abdulaï is 23 jaar oud en kom uit die Ivoorkus. Hy eet 20 suikerklontjies per dag, drink daagliks ’n paar koppies tee asook drie liter water. ”As ek terugdink aan die Ivoorkus, kom daar probleme in my kop in,” vertel hy in gebroke Frans. Die immigrante het op 15 Junie op die hongerstaking besluit, téén die advies van die Komitee vir Onwettige Persone in Lille. Hulle hoop om sodoende simpatie te wek en om verblyfreg in Frankryk te bekom.

Adriaan Vlok het homself enkele maande gelede verneder deur die radikale teoloog, Frank Chikane, se voete te gaan was. Nou ontvang hy sy verdiende loon met die nuus dat hy waarskynlik vervolg gaan word.