Polisie teiken boere pleks van misdadigers

Die Suid-Afrikaanse Polisie is besig om op te tree teen vrywillige plaaswagpatrollies in die Noord-Transvaal, waarskynlik omdat hulle onlangs die polisie se onvermoë of onwilligheid om enigiets aan die toestroming van onwettige Zimbabwiërs te doen, ontbloot het.

Eergister is ’n bakkie van die plaaswag wat by ’n plaashek geparkeer was, deur die polisie beboet nadat daar aanvanklike gedreig is om die insittendes te arresteer.
 
Image

Polisie skryf boete uit

 

Volgens mnr Gideon Meiring van TLU-veiligheid in die Soutpansbergomgewing, is  daar op 24 Julie ’n hoësigbaarheidsoefening van plaaswagte gehou as gevolg van die grenskrisis wat tans heers en waartydens duisende Zimbabwiërs daagliks die gebied binnekom. Tydens sulke oefeninge word Zimbawiërs gearresteer en aan die SAPD oorhandig.

In dié geval het die polisie egter twee en ’n halfuur geneem om onwettige Zimbabwiërs wat in hegtenis geneem is, noord van die Soutpansberg te kom afhaal. Terseldertyd het die SAPD egter suid van die berg ’n klopjag op plaaswagte uitgevoer, tot die ontsteltenis van een boer, mnr. Doors le Roux.

“Ek ervaar dit as kwaadwillig. Mnr. Mbeki het immers self onlangs gevra, ‘wat doen jý om misdaad te voorkom?’ Ons doen vrywillig patrollies omdat die staat nie sy grondwetlike plig om ons te beskerm, kan nakom nie. Nou word ons geteiken.”

Le Roux wou ook weet “van wanneer af die polisie verkeersboetes uitskryf. Boonop het ons voertuig nie eens gery nie. Hy was langs die hek geparkeer. Die polisie het ook aan die verkeerde kant van die pad geparkeer, met hul ligte in die rigting van die aankomende verkeer, iets wat self ’n verkeersoortreding verteenwoordig.”

Op die kaartjie van R300 wat hy ontvang het, word geen spesifieke oortreding aangedui nie. Daar is ’n bestaande ooreenkoms met die polisie dat plaaswagpatrollies van groen ligte gebruik mag maak, om juis verwarring met die polisie se blou ligte te voorkom.

Image

Nuwe oortreding: ‘n groen lig.

 

Volgens TLU-veiligheid “is daar al menigte gesprekke op hoëvlak gevoer tussen die regering en TLU-SA se nasionale voorsitter veiligheid, Gideon Meiring, met betrekking tot die gebruik van die groen ligte. Die boeregemeenskap voel en staan vas by die feit dat terwyl die regering onbevoeg bly om misdaad te bekamp en die golf van onwettige immigrante te stuit, is dit ons plig om in eie geledere ons gebiede te domineer en ons mense en eiendomme te beveilig en beskerm.”

In ’n verklaring het Meiring voorts gesê: “Tog wil dit voorkom asof daar ’n paar individue in die SAPD is, wat om persoonlike redes, die poging wil ondermyn. Dit wil voorkom asof sekere polisiemanne, wat betrokke was by misdadige aktiwiteite, deur die ‘groen polisie’ (soos die boere onder die bevolking bekend staan) gestuit is. Rondom misdaad word hul bewegingsvryheid en hul aktiwiteite ingeperk (ons begin domineer).

Tweedens, die onwettige immigrante is vir die polisie ’n bron van inkomste hetsy in voertuie, hetsy as voetgangers.”

In die hele Noord-Transvaalse gemeenskap heers daar tans groot ontsteltenis oor die polisie wat eerder wetsgehoorsame burgers teiken as misdadigers of indringers vanuit Zimbabwe. Sommige lede van die gemeenskap vergelyk selfs sulke optrede met dié van die Gestapo in Nazi-Duitsland of die optrede van die Zimbabwiese polisiediens tydens die plaasbesettings in daardie land.

справка отданильченко юрий брониславович прокурор