President Vladimir Poetin het Donderdagaand ‘n konferensie van geskiedenisonderwysers in Moskou toegespreek waar hy na hoofstukke uit die Russiese verlede onder Stalin verwys het as "problematies" en "verskriklik". Hy het bygevoeg dat elke staat egter met soortgelyke dinge uit sy geskiedenis worstel. In Rusland, so onlangs as die twintigste eeu, is miljoene mense tydens Josef Stalin se skrikbewind gedood.
