Die Lindela-debakel

Image

Gaste van Lindela

Die nuwe direkteur-generaal van die departement van binnelandse sake, Mavuso Msimang, het Woensdag teenoor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (SKOOR) toegegee dat die departement se kontrak met die maatskappy wat die Lindela-repatriasiesentrum naby Krugersdorp bestuur, “’n bedrogspul” is.

“Dit is nie ’n goeie kontrak nie. Ons gaan dit definitief volgende jaar hersien om te kyk of dit nie verbeter kan word tot voordeel van die departement nie,“ het Msimang erken.

Die kontrak is opgestel met Leading Prospects Bpk, wat die sentrum namens die departement bestuur. Die dokument is só opgestel dat die departement slegs voordeel trek wanneer die sentrum optimaal benut word. Volgens Msimang is die deparement se doelwit om die getal onwettige immigrante in die land te verminder.

Daarom maak die kontrak nie sin nie, want die departement behoort nie voordeel te trek uit die feit dat daar meer onwettige immigrante in die sentrum aangehou word nie. Volgens die kontrak betaal die departement R80 per dag per aangehoudene aan Leading Prospects Bpk, met die aanname dat daar maandeliks 3 250 persone by die sentrum aangehou word.

Selfs al word daar minder persone aangehou, is die departement egter steeds verplig om dieselfde bedrag te betaal. Oor die afgelope paar jaar het die aantal persone wat by Lindela aangehou word, gedaal tot sowat 1 500 per maand.

SKOOR het die departement beveel om binne die volgende twee weke die name van alle direkteure en aandeelhouers van Leading Prospects Bpk aan die komitee voor te lê. Daar word tans gespekuleer dat sommige van die aandeelhouers prominente politici is.

Leading Prospects Bpk het ’n kontrak van tien jaar met die departement van binnelandse sake.

 

 

 

бланк справки для бассейнаОлександр Васильович Фільчаков