Khoi San Internasionaal verwerp

Image

Rhoda Khadalie

Nie minder nie as 46 naamsveranderinge word tans in Kaapstad oorweeg. Volgens ’n aankondiging gister van Helen Zille, die stad se burgemeester, sal die name nou geadverteer word en die publiek genooi word om kommentaar te lewer. Die name sal daarna deur die burgemeesterskomitee oorweeg word.

’n Paneel onder leiding van Rhoda Kadalie het voorgestel dat Kromboom-straat in die suidelike deel van Kaapstad na die musikant Taliep Petersen vernoem word. Hendrik Verwoerd-rylaan in Panorama kan nou Beyers Naude-rylaan word, Hans Strydom-laan in die middestad Albert Luthuli-laan en JB Hertzog-boulevard Nelson Mandela-boulevard. Ander figure wat herdenk sal word, sluit Jan Rabie, Uys Krige, die hartchirurg Chris Barnard en ANC-vryheidsvegters soos Anton Fransch en Ashley Kriel in. Die paneel het verder besluit dat al die NY-strate in Guguletu verander behoort te word. NY staan vir “Native Yard.“

Die paneellede het téén die voorstel besluit om die lughawe te vernoem na Khoi San Internasionaal. Hulle het ook besluit téén die verandering van De Waal-rylaan na Hoerikwaggo-rylaan en het eerder die naam van die PAC-leier Philip Kgosana voorgestel. ’n Verdere voorstel om Oswald Pirow-straat in die middestad na Anti Nazi-straat te herdoop, is ook verwerp.

Intussen gaan die hofsaak van die Demokratiese Alliansie teen die 176 voorgestelde naamsveranderinge in Durban voort. Meer nuus in hierdie verband word môre verwag.

 

интернет магазин детскийОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae