Oesama se vlug

Judicial Watch, ‘n Amerikaanse organisasie wat inligting versamel oor korrupsie in die VSA se politieke stelsel het ‘n interessante ontdekking gemaak: Oesama Bin Laden, leier van die internasionale terroriste-organisasie Al Kaida, het ‘n vliegtuig gehuur om die VSA te verlaat ná 11 September 2001. ‘n Segsman van die FBI, Richard Kolko, het die bewering ontken en gesê die inligting is onjuis. Oesama het glo nie die vliegtuig gehuur nie.

Die organisasie JW het die betrokke dokumente verkry danksy die wet wat vrye toegang tot inligting waarborg. Die naam van Bin Laden is doodgetrek in die dokumente maar nie in die voetnote onderaan nie. Dit het JW in staat gestel om die ware toedrag van sake uit te pluis. Meredith Diliberto, advokaat vir JW, het die eerste gesensureerde stel dokumente reeds in 2004 ontvang en in 2006 daarin geslaag om deur die howe ‘n nuwe stel van die FBI te eis.

Die dokumente is op die internet te besigtig op die organisasie se webwerf. Oesama het blykbaar ‘n Ryan Air 727 gebruik, alom bekend as die "vlug van die Bin Laden-familie", wat op 19 September 2001 vanaf Los Angeles opgestyg het met Saoediërs aan boord. Terwyl die FBI ontken dat Oesama dit gehuur het, staan daar duidelik in die verslag dat die "Saoediese koninklike gesin of Oesama Bin Laden die vliegtuig gehuur het".

Die groep het daarna in Orlando geland, toe in Washington aangedoen en later na Boston gereis. Die vliegtuig het daarna egter die VSA verlaat en die volgende dag in Parys aangekom. Ses vlugte tussen 14 en 24 September 2001 altesaam is opgeteken om Oesama Bin Laden se familie en gesin uit die VSA te ontruim volgens JW.

"Volgens die FBI, en dit is ongelooflik, het nie een Saoediër of een van die lede van die Bin Laden-gesin enige inligting van waarde aan die ondersoekers kon lewer nie." verklaar JW op hul webtuiste. ‘n Paar dae ná die verskriklike aanvalle op New York, die Pentagon en verskeie passasiersvliegtuie wat daarvoor aangewend is, is die vermeende baasbrein se naastes en gesin dus deur die FBI ondervra sonder dat dit enige nuttige inligting opgelewer het.

Die organisasie is bekommerd dat die FBI, wat hoegenaamd geen ongerymdhede opgemerk het nie, nie hulle werk behoorlik gedoen het nie. ‘n Segspersoon van die FBI het ter verduideliking gesê dat die onafhanklike Kommissie van Ondersoek na 11 September 2001 se voorvalle bevind het dat "geen persoon aan boord met terrorisme verbind kon word nie" en dat "geen politieke inmenging" die vlug uit die VSA gehelp het nie. Kennelik het die FBI egter ook nie veel gedoen om die vlug te keer nie.

рисунки укладки паркетаданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae