‘n Ordelike en vreedsame byeenkoms op die Brusselse Schumanplein teen die islamisering van België waaraan ook ‘n aantal Vlaamse en Europese parlementslede deelgeneem het, is Dinsdag met buitengewone hardhandigheid uiteengejaag deur die polisie. Volgens wat berig word was nie een van die polisielede Nederlands magtig nie, maar dit het hulle egter nie verhoed om deelnemers in boeie te slaan en weg te neem nie.
Onder die arrestasies was dié van partyvoorsitter van Vlaams Belang, Frank Vanhecke, asook bekende gesig, Filip Dewinter. Kennelik voel die Belgiese owerhede dat immigrante nie blootgestel behoort te word aan sulke kritiek van inwoners nie.
