Klaarblyklik word Vlaamse nasionaliste ook beskou as vrye wild en beledigings van "vuil Vlaming" is in Frans gehoor toe die ordedienste op die byeenkoms toegesak het. Behalwe die Vlaamse verteenwoordigers was daar ook parlementslede uit Frankryk en Italië teenwoordig.
Die enkele grootste Vlaamse party, Vlaams Belang, het hul skok en verontwaardiging uitgespreek oor die gebeure en gesê dat hulle fel protes in die nasionale en Europese parlemente sal aanteken oor die inperking van demokratiese regte en vryhede in die land.
Die party het voorts gesê dat vrye meningsuiting wat deur intimididasie en geweld onderdruk word, nie in in 2007 in die Europese hoofstad geduld behoort te word nie. Regsgeleerdes versamel ondertussen getuienis oor die beserings wat deur deelnemers opgedoen is as gevolg van polisiegeweld. Vlaams Belang beoog om nie net ‘n klag in te dien by die vervolgingsgesag nie, maar ook by die Centrum voor Gelijkheid van Kansen en Racismebestrijding (CGKR).
