Verbaster, s? Naspers-ghoeroe

[…]

Enersyds die pool van “verbastering” of “vermenging” waarin Afrika-waardes versmelt raak met Westerse waardes. Andersyds die pool van pan-Afrikanisme wat die instandhouding van tradisionele waardes en inheemse kultuur voorstaan.

[…]

Dié spanning illustreer baie Afrikane se moderne bestaanskrisis en word gekenmerk deur drie mededingende politiek-kulturele posisionerings.

Eerstens dié wat só ingenome met die Westerse kultuur is dat hulle Afrika-waardes en die tradisionele kultuur verwerp en minag.

Tweedens dié wat die Westerse kultuur verwerp en die tradisionele kultuur romanties en onkrities verheerlik. Alles moet meedoënloos “verafrikaniseer” word en die Westerse kultuur word vir alle lewensellendes geblameer.

Sommige waarnemers glo dié posisionering is belangrik omdat dit by Afrikane ’n nuwe selfwaarde skep; help om ’n verlore en waardige swart identiteit te herwin; en materiële voordele inhou. Maar dié soort verwerping van die Westerse kultuur is op die duur onrealisties en word naderhand ’n geval van blote lippediens aan die inheemse kultuur.

[…] 

Die romanskrywer Es’kia Mphahlele verwoord dié verbastering só: “Dit is twee vorme van leef – waar Afrika-waardes ’n soliede grondslag binne-in my bly én verenig word met ’n Westerse kultuurerfenis. Iewers in my is daar ’n middelpunt waar ek die verskeidenheid kan versoen.”

En die musikant en “wit Zoeloe” Johnny Clegg sê: “My lewe het baie te doen met beweging tussen verskillende kulture. Ek glo die hele wêreld beweeg in dié rigting. Die idee van ’n enkele identiteit is uitgedien. Ek het ’n sterk Engelse kern, ek is Joods en my sin vir manlikheid het ’n Zoeloe-oorsprong. Al dié dinge leef binne-in my.”

Daarmee die vraag: Is verbastering nie straks ’n uitdaging én ’n krag vir alle Suid-Afrikaanse gemeenskappe nie – die stoffasie vir die baie nodige maatskaplike kohesie wat die “ons-hulle”-verdeellyne kan ophef? Op ’n praktiese lewensvlak gebeur dit al.  

Só word “Afrika-wysheid” oor wye raadpleging al meer omskep in doeltreffende sakeprogramme waaraan wit en swart mense deelneem, en ubuntu al meer suksesvol aangepas in multinasionale ondernemings. In die wêreld van die kunste word ou politiek-kulturele verdelingslyne al hoe gemakliker oorgesteek.

Wanneer verbastering ’n leefwyse word – gestroop van die geklikheid van ’n obsessiewe identiteitsug en politiekery oor ongeveer alles – sal ons dalk die krag van Suid-Afrika se eiesoortige menseverskeidenheid beleef en ontgin.

светодиодные светильники для уличного освещения на столблобановский класс харьков