SafetyNet, ’n gemeen skapspolisiërings- inisiatief, wil binne ’n jaar van "Tshwane" ’n veilige gebied maak. Dié inisiatief, wat op 1 Januarie van stapel laat loop word, is gister by die Universiteit van Pretoria bekendgestel. Die geleentheid is spesiaal gereël vir dr. Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van Tshwane, maar sy was afwesig. игры для деочекДанильченко
Lees verder: Burgemeester en veiligheidshoof ignoreer inisiatief

Oor die ou Republieksvlag, wat eers die Unievlag was, het ek gemengde gevoelens gehad. As kind het ek nie die ideologiese afskuwelikheid van die Union Jack daarop begryp nie. Ek is nie ideologies grootgemaak nie, dus sou dit by my verbygaan. Nogtans het ek altyd gevoel dat die Union Jack die hele vlag se balans opvoeter. Eerstens is die blou in die klein Union Jack nie dieselfde as die blou op die basisvlag (Prinsevlag) se onderste baan en dus ook nie dieselfde blou as wat op die klein Vierkleur of die kleiner ‚Prinsevlag’ op die OVS-vlaggie is nie. Verder bestaan die basisvlag (Prinsevlag) sowel as die Vrystaatse vlag en Vierkleur uit horisontale en vertikale lyne. Dit vorm ʼn estetiese konsolidasie. Die Union Jack met sy diagonale lyne het weereens hierdie konsolidasie verbreek.