Volgens Wolpe sal die koste verbonde aan die stalletjies na sy maatskappy gaan, en nie na die ANC nie. Wolpe het ’n soortgelyke fasiliteit bedryf tydens die ANC se nasionale konferensie wat in 2002 in Stellenbosch plaasgevind het. Die ANC het bevestig dat Wolpe toestemming gegee is om die sakekamer tydens die Desember-konferensie in Pietersburg te bedryf. Die party het egter ontken dat hulle enige van die fondse gaan ontvang wat Wolpe insamel. Sy vader, Harold Wolpe, was ’n anti-apartheidsaktivis en prominente leier binne die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP).
Op 5 November het Donald Lee namens die Demokratiese Alliansie (DA) sy kommer uitgespreek oor die koste van die ANC se naderende konferensie. Volgens hom kan dit die Suid-Afrikaanse belastingbetalers tot R40 miljoen uit die sak jaag. By die ANC se konferensie in Stellenbosch was 11 van die 29 organisasies wat destyds betaal het om uit te stal naamlik regeringsdepartmente.
