Die ANC sal skynbaar nie finansieel voordeel trek uit die besigheidskamer wat ten duurste opgerig gaan word met die oog op die party se nasionale konferensie wat in Desember in Pietersburg plaasvind nie. “Ons, as ’n privaat maatskappy, sal besluit wat ons met die geld wil maak,” meen Nic Wolpe, die projekbestuurder vir die Network Lounge, die maatskappy wat die fasiliteit gaan oprig.
Volgens Business Day het 30 maatskappye reeds aansoek gedoen om stalletjies by die konferensie te bedryf teen R5 miljoen elk. Hierdie stalletjies sal almal in die sakekamer gebaseer wees, in ’n luukse tent net meters weg van die ANC se vergadersaal. Daar sal onder andere alkohol en sigare beskikbaar wees.

Oor die ou Republieksvlag, wat eers die Unievlag was, het ek gemengde gevoelens gehad. As kind het ek nie die ideologiese afskuwelikheid van die Union Jack daarop begryp nie. Ek is nie ideologies grootgemaak nie, dus sou dit by my verbygaan. Nogtans het ek altyd gevoel dat die Union Jack die hele vlag se balans opvoeter. Eerstens is die blou in die klein Union Jack nie dieselfde as die blou op die basisvlag (Prinsevlag) se onderste baan en dus ook nie dieselfde blou as wat op die klein Vierkleur of die kleiner ‚Prinsevlag’ op die OVS-vlaggie is nie. Verder bestaan die basisvlag (Prinsevlag) sowel as die Vrystaatse vlag en Vierkleur uit horisontale en vertikale lyne. Dit vorm ʼn estetiese konsolidasie. Die Union Jack met sy diagonale lyne het weereens hierdie konsolidasie verbreek.