'n Reddingsbaadjie vanaf die Titanic het byna 70 000 dollar by 'n veiling deur Christie in New York behaal.
Metropolisie begin staak in Johannesburg
Die hele metropolisiediens van Johannesburg het begin staak om protes teen nepotisme, baantjies vir boetes en onbillike arbeidspraktyke aan te teken.
Banke loop onder kritiek deur
Suid-Afrikaanse banke vra van die hoogste fooie ter wêreld. Die groot vier banke word daarvan verdink dat hulle 'n kartel gevorm het om miljarde uit die publiek te pers. Die mededingingskommissie het gister aangekondig dat bankfooie wat deur Suid-Afrikaners betaal word te hoog is en beslis meer as wat hulle behoort te wees in 'n mededingende omgewing.
DA s? Zuma nie geskik vir presidentskap
Massabyeenkoms by Loftus vir Mandela
Nadal en Sjarapowa skitter
Rafael Nadal, Maria Sjarapowa en Venus Williams het almal die tweede ronde van Wimbledon gehaal.
Groot meester se werk ontdek
Kunskenners in Milaan het 'n belangrike ontdekking gemaak toe hulle die aanpaksel op 'n baie ou skildery begin afkrap het. Onder die lae stof het hulle die Latynse woorde Titianus fecit oopgekrap wat die handtekening van die groot Renaissance meester Titiaan is.Nuwe Firefox haal w?reldrekord
Die nuwe weergawe 3.0 van die gratis webblaaier Firefox is na bewering agt miljoen keer binne die eerste 24 uur afgelaai wat die organiseerders as ‘n wêreldrekord beskou.
Afrika se elektrisiteitsprobleme te wyte aan swak bestuur
Lees verder: Afrika se elektrisiteitsprobleme te wyte aan swak bestuur
