Wits in rou na sewe verongeluk

Sewe swart studente van die Universiteit van die Witwatersrand is Sondagaand dood en ses ander is beseer toe die minibustaxi waarin hulle gery het gebots met ‘n sleepwa op die N1 suid naby Mokopane in Limpopo, het mediese nooddienste gesê.

Vlae by die Universiteit van die Witwatersrand hang halfstok ter nagedagtenis aan die sewe.

Die vise-kanselier van Wits, Adam Habib sê vlae sal vir die res van week halfstok hang. Die universiteit staan ook die families van die studente by.

Hulle was deel van groep wat aan ‘n ZCC-kerkbyeenkoms in Limpopo deelgeneem het.

Die minibus waarin hulle was het op die N1 naby die Nyl tolplaza teen n trekkersleepwa gebots en aan die brand geslaan.

Die bestuurder is ook dood terwyl die ses beseerdes na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Sommige van die studente is onherkenbaar verkool nadat die minibus aan die brand geslaan het.

In nog ‘n voorval is negentien swartes is beseer toe ‘n taxi op die Brickfieldweg-afrit op die N-3 na Durban teen ‘n motor gebots, omgeslaan en gerol het.

Een van die beseerdes is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem. Die woordvoerder van die nooddienste, Garrith Jamieson sê dit is nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie, maar dat die polisie die saak ondersoek.

Die minister van Vervoer, Dipuo Peters en die Padverkeerbestuurskorporasie het vroeër ‘n beroep op motoriste gedoen om padreëls te gehoorsaam nadat meer as dertig mense die langnaweek in vyf ongelukke dood is.

Minibus byna deur huismuur

Die bestuurder van ’n Quantum minibus-taxi het Dinsdagmiddag deur ‘n heining gejaag en teen ’n huismuur in Les Marais tot stilstand gekom.

Polisiewoordvoerder Sersant Anne Poortman sê die bestuurder is na ‘n nabygeleë hospitaal vir mediese behandeling geneem.

Gert Venter, ’n ooggetuie, vermoed die bestuurder het ’n voertuig probeer verbysteek en te laat besef daar is ’n aankomende voertuig reg van voor op pad. “Hy het die aankomende voertuig net betyds gesien en hasepad na regs gekies om ’n ongeluk te vermy. Die naaste uitweg was die heining van die huis op die hoek,” het hy gesê.

Poortman sê daar was geen ander beserings nie.

Bron: Pretoria Moot Rekord

Metrobeampte deur minibus doodgery

‘n Tshwane-metropolisiebeampte is Dinsdag deur ‘n minibus doodgery terwyl hy verkeer gereguleer het.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die beampte het verkeer gereguleer by ʼn kruising waar die verkeersligte buite werking was in die Pretoriase middestad.

Volgens Mahamba het ‘n minibus die beampte omgery en is hy daarna na ‘n hospitaal gehaas waar hy enkele ure later aan sy beserings beswyk het.

Die minibusbestuurder staar ‘n klag van strafbare manslag in die gesig.

Die metropolisie het sy meegevoel en skok oor die voorval uitgespreek gesê: “Ons is geskok oor wat gebeur het want mens sal nie verwag dat hy gaan sterf terwyl hy aan diens is nie.”

1300 kg dagga in ‘n taxi

‘n Vyf-en-dertigjarige swart man is Maandag in hegtenis geneem met 1300kg dagga in sy minibus toe hy vir spoed op die N3 gevang is, het die Gautengse polisie gesê.

Die swarte het 147km / u in ‘n 100km / u- sone in sy Toyota Quantum gery het toe verkeersbeamptes hom op die N3, naby Heidelberg, om 06:25 voorgekeer het, sê konst Thivhulawi Tshilate.

“Toe die verkeersamptenaren aan hom te kenne gegee het dat hy moet stilhou, het die bestuurder teen ‘n hoë spoed weggejaag. Hulle het hom agtervolg totdat hulle horn tussen Spookbrug en Poortjiebrug gevang het,” het Tshilate gesê.

“Die bestuurder het die voertuig verlaat en in die veld in weggehardloop. Twee verkeersbeamptes het hom te voet agtervolg en die verdagte in hegtenis geneem.”

Binne die minibus het die polisie 95 sakke dagga met ‘n beraamde straatwaarde van R1 miljoen gevind.

купить детские кубики пластмассовые большиеДанильченко Юрий отзывы