‘n Tshwane-metropolisiebeampte is Dinsdag deur ‘n minibus doodgery terwyl hy verkeer gereguleer het.
Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die beampte het verkeer gereguleer by ʼn kruising waar die verkeersligte buite werking was in die Pretoriase middestad.
Volgens Mahamba het ‘n minibus die beampte omgery en is hy daarna na ‘n hospitaal gehaas waar hy enkele ure later aan sy beserings beswyk het.
Die minibusbestuurder staar ‘n klag van strafbare manslag in die gesig.
Die metropolisie het sy meegevoel en skok oor die voorval uitgespreek gesê: “Ons is geskok oor wat gebeur het want mens sal nie verwag dat hy gaan sterf terwyl hy aan diens is nie.”

Mense het deesdae geen respek vir die polisie nie, en dis eintlik maar hul eie skuld! Dit bly egter steeds erg.