Ramphele, die DA se einde

Die nuus dat Mamphela Ramphele haar eie party gaan stig ten einde “haar land te red” is vir ‘n geruime tyd al bekend. Die bekendstelling is effens vertraag deur haar wens om die openbare steun van Desmond Tutu en diverse ander vername manne te werf. Dr. Mamphela Ramphele se Agang is by Konstitusieheuwel, in Johannesburg

Lees verder: Ramphele, die DA se einde

Nestlé ook deur perdevleisskandaal getref

Die Switserse voedselreus Nestlé het die jongste handelaar geword om deur Europa se perdevleis-skandaal getref te word. Die maatskappy het pastageregte van supermarkrakke in Italië en Spanje verwyder weens besmetting. “Ons toetse het tekens van perd-DNS in twee produkte gevind,” het die wêreld se grootste voedselmaatskappy Maandag in ‘n verklaring gesê. “Die verkeerde etikettering van

Lees verder: Nestlé ook deur perdevleisskandaal getref

Chrysler-baas se vermeende skieter gevang

‘n Man het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn in verband met die roof van en moord op Trent Barcroft, die uitvoerende hoof van Chrysler SA, het die polisie gesê. “Die saak is tot volgende week uitgestel vir ‘n polisieparade. Hy is in sy twintigs,” het kapt. Kim Cloete gesê. Die man is Vrydag in Tembisa

Lees verder: Chrysler-baas se vermeende skieter gevang

Hernieude mynonrus in Rustenburg

Minstens 13 mense is Maandag beseer in arbeidsonrus by ‘n Amplatsmyn [Anglo American Platinum] in Rustenburg, het die polisie gesê. Vier van die beseerdes is veiligheidswagte wat met pangas aangeval is. Minstens vyf werkers is ook in die konflik wat  tussen twee strydende vakbonde uitgebreek het, geskiet. Een van die werkers by die myn se

Lees verder: Hernieude mynonrus in Rustenburg

Onrus ontwrig Roodepoort-omgewing

Inwoners van Vlakfontein in Roodepoort aan die Wes-Rand het op loop gegaan oor dienslewering in die gebied, het die Johannesburgse metropolisie Dinsdag gewaarsku. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê inwoners betoog sedert omstreeks 04:30 en verkeer in Main Reefweg en Corlettstraat word ontwrig. “Hulle het die pad met klippe versper en brandende bande in die

Lees verder: Onrus ontwrig Roodepoort-omgewing

Kastreer verkragters!

Mans wat skuldig bevind word op aanklagte van verkragting van vroue en kinders moet deur middel van chemiese kastrasie gestraf word, het Thandi Modise, premier van die Noordwes, gesê. Chemiese kastrasie van verkragters kan dien as ‘n afskrikmiddel en sal dalk die aantal voorvalle van verkragting verminder, het die premier se kantoor in ‘n verklaring

Lees verder: Kastreer verkragters!

Mediamaatskappy verkoop SA-koerantgroep

‘n Ierse mediamaatskappy het sy koerantgroep in Suid-Afrika, wat The Star insluit, vir $227 miljoen (sowat R2 miljard) aan ‘n plaaslike maatskappy verkoop. In ‘n verklaring wat Sondagaand uitgereik is, het Independent News & Media PLC, wat in Dublin gebaseer is, gesê hy het sy Suid-Afrikaanse groep aan Sekunjalo Holdings verkoop. Iqbal Surve is die

Lees verder: Mediamaatskappy verkoop SA-koerantgroep

Sonja Loots se anti-Afrikanervenyn

Sonja Loots het ‘n mate van bekendheid verwerf na die verskyning van haar boek, Sirkusboere (Kaapstad: Tafelberg, 2011). As so ‘n spektakel van die vernedering van enige ander Suid-Afrikaanse bevolkingsgroep gemaak sou word, sou die boek nie ‘n uitgewer gevind het nie. Die boektitel weerspieël baie duidelik Loots se afkeer van haar Afrikanervoorgeslagte. Sy het

Lees verder: Sonja Loots se anti-Afrikanervenyn

OB gaan Capitec Bank se SEB-transaksie oopkrap

Die Openbare Beskermer (OB) het, na ‘n versoek deur die Vryheidsfront Plus, bevestig dat ‘n formele ondersoek gedoen sal word insake die swart ekonomiese bemagtigingstransaksie waardeur ‘n konsortium met noue bande met die ANC oënskynlik op ‘n onreëlmatige wyse ‘n aandeel ter waarde van nagenoeg R1 miljard in Capitec Bank bekom het. Die VF Plus

Lees verder: OB gaan Capitec Bank se SEB-transaksie oopkrap