Onrus ontwrig Roodepoort-omgewing

Inwoners van Vlakfontein in Roodepoort aan die Wes-Rand het op loop gegaan oor dienslewering in die gebied, het die Johannesburgse metropolisie Dinsdag gewaarsku.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê inwoners betoog sedert omstreeks 04:30 en verkeer in Main Reefweg en Corlettstraat word ontwrig.

“Hulle het die pad met klippe versper en brandende bande in die pad gegooi.”

Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik om die gevaar te vermy.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae