Hernieude mynonrus in Rustenburg

Minstens 13 mense is Maandag beseer in arbeidsonrus by ‘n Amplatsmyn [Anglo American Platinum] in Rustenburg, het die polisie gesê.

Vier van die beseerdes is veiligheidswagte wat met pangas aangeval is.

Minstens vyf werkers is ook in die konflik wat  tussen twee strydende vakbonde uitgebreek het, geskiet.

Een van die werkers by die myn se Siphumelele-skag is volgens eNCA doodgeskiet, maar dit kon nog nie bevestig kon word nie.

Die Amplats-werkerskomitee het gesê vyf lede van die National Union of Mineworkers (NUM) is geskiet in ‘n botsing met veiligheidswagte by die myn, het Sapa berig.

Een van die werkers is in die kop geskiet, het die komitee gesê.

Aanvanklike inligting dui daarop dat die skietery tussen strydende lede van NUM en die kleiner Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) uitgebreek het, het AFP berig.

Lesiba Seshoka, woordvoerder vir NUM, het die botsing bevestig, maar kon nie verdere inligting verskaf nie.

“Ek is nie bewus van die sterftes nie, ek is slegs bewus dat daar mense beseer is,” het hy aan AFP gesê.

Mpumi Sithole, ‘n woordvoerder vir Amplats, het aan AFP gesê die maatskappy “is besig om besonderhede te in te win”.

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae