‘n Man het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn in verband met die roof van en moord op Trent Barcroft, die uitvoerende hoof van Chrysler SA, het die polisie gesê.
“Die saak is tot volgende week uitgestel vir ‘n polisieparade. Hy is in sy twintigs,” het kapt. Kim Cloete gesê.
Die man is Vrydag in Tembisa in hegtenis geneem. Cloete wou nie sy naam onmiddellik bekendmaak nie.
Trent en sy vrou, Cathy Barcroft, wat Amerikaanse burgers is, is verlede week in Midrand van hul selfone, juwele en ‘n handsak in Waterfall Park beroof.
Trent is in die maag geskiet en is in die intensiewe sorgeenheid by die Sunninghill Hospitaal opgeneem. Sy vrou is ongedeerd.
