Die Switserse voedselreus Nestlé het die jongste handelaar geword om deur Europa se perdevleis-skandaal getref te word.
Die maatskappy het pastageregte van supermarkrakke in Italië en Spanje verwyder weens besmetting.
“Ons toetse het tekens van perd-DNS in twee produkte gevind,” het die wêreld se grootste voedselmaatskappy Maandag in ‘n verklaring gesê.
“Die verkeerde etikettering van produkte beteken dit voldoen nie aan die baie hoë standaarde wat verbruikers van ons verwag nie,” het hy bygevoeg.
Die maatskappy het twee verkoelde pastadisse, Buitoni Beesvleis Ravioli en Beesvleis Tortellini , “vrywillig” van rakke in Italië en Spanje verwyder.
‘n Gevriesde vleisproduk van Nestlé wat in Frankryk vervaardig word en aan spysenieringsmaatskappye verskaf word, sal ook onttrek word.
Nestlé het verbruikers om verskoning gevra.
