Ramphele, die DA se einde

Die nuus dat Mamphela Ramphele haar eie party gaan stig ten einde “haar land te red” is vir ‘n geruime tyd al bekend. Die bekendstelling is effens vertraag deur haar wens om die openbare steun van Desmond Tutu en diverse ander vername manne te werf.

Dr. Mamphela Ramphele se Agang is by Konstitusieheuwel, in Johannesburg Maandag amptelik geloods.

Die DA-leier, Helen Zille, wat na bewering hard probeer het om Ramphele vir die DA te werf, en selfs aan haar die leierskap van die party aangebied het, moet seker wonder of sy nie die aankondiging van haar eie uittrede uit die politiek moet verhaas nie.

Ramphele het glo $20 miljoen uit die VSA van ondersteuners ontvang wat bekommerd is dat Suid-Afrika ‘n mislukte staat word.

Cope, in ‘n gevorderde toestand van inploffing, het intussen die vooruitsigte van enige opposisie in Suid-Afrika ‘n verdere nekslag toegedien, en Ramphele is volgens alle aanduidings ‘n ongeluk wat wag om te gebeur.

Ramphele is aangestel as vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad in 1996. Voor dit het sy ‘n verskeidenheid navorsings-en administratiewe poste by die universiteit beklee wat sy nooit sou verwerf het as sy wit en manlik was nie. Sy sou kwalik as bode in ‘n ander gedaante kwalifiseer.

Die universiteit kon slegs vier jaar lank haar wanbestuur verduur, die kortste tyd wat enige visekanselier by die Universiteit van Kaapstad in die pos gedien het.

Senior akademici sê dit het die UK sewe jaar geneem om te herstel van die skade wat Ramphele aangerig het. Haar versuim om te luister na goeie advies was glo haar grootste bate. Haar besluit om al die kunste en sosiale wetenskappe in ‘n reuse-fakulteit, groter as ‘n hele universiteit soos Rhodes, saam te snoer, was ‘n ramp vir die instelling.

Ramphele is daarna genader om voorsitter van die Independent Development Trust te word. Die IDT was ‘n unieke en waardevolle organisasie. Dit is deur die Nasionaliste opgerig met ‘n onafhanklike raad en grondwet, en het nie miljoene nie, maar miljarde in die bank gehad.

Thabo Mbeki en Essop Pahad het Ramphele gevra om die IDT te oorhandig aan die regering wat sy met groot genoegdoening dadelik gedoen het.

Die IDT het geld in die bank gehad, baie ernstige skenkers, ‘n onafhanklike grondwet en onafhanklike trustees. Ramphele het gou klaargespeel daarmee en die instelling volledig getransformeer tot ‘n parasietskatkis.

Die IDT is oorhandig aan ANC-kaders en Ramphele sal vandag onthou word as die vrou wat die IDT vernietig het.

In 2000 is Ramphele as ‘n vise-president en besturende direkteur (een van baie) van die Wêreldbank aangestel. Bronne binne die bank sê hulle het “binne weke” besef dat hulle ‘n fout begaan het. Dit was duidelik dat die bank se president, James Wolfensohn, dit ook geweet het. Binne ‘n kort tydjie het dit ook duidelik geword dat haar kontrak nie hernu sou word nie. Sy het die Bank in 2004 verlaat, tot groot verligting van almal daar.

Helen Zille se pogings om haar te nooi die DA se leierskap oor te neem, sê dus nie veel van Zille se eie vaardighede nie, behalwe dat sy heeltemal te desperaat voorkom vir swart steun.

‘n Politieke party wat van stapel gestuur word met ‘n persoon soos Ramphele aan die stuur, het ‘n baie kort lewensverwagting, iets wat Zille moes oorweeg het voordat sy Ramphele opgehemel het.

Dit laat die DA met net een ander opsie, naamlik samewerking met die ANC. ‘n ANC-DA-koalisie sal radikale, selfs gewelddadige weerstand van die SAKP-Cosatu faksie uitlok, iets wat hulle moeilik sal aanvaar.

Die DA se inploffing is dus net ‘n kwessie van tyd. Ramphele se rampspoedige versugting na roem, is ‘n gegewe.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae