Ramphele se party kan SA destabiliseer

Die nuutgestigte politieke platform, Agang SA, kan dalk gebruik word om die land te destabiliseer, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag gesê.

Mantashe het sy kommer uitgespreek oor die sakevrou dr. Mamphela Ramphele se planne vir ‘n nuwe politieke platform, wat Maandag bekendgestel is, berig die SABC.

“Die bekommernis wat ons het is die feit dat die inisiatiewe aangekondig is terwyl die stigter in die Verenigde State was en aangekondig het dat sy geld insamel.

“Ons grootste bekommernis is oor die befondsingstruktuur, wat die helfte van die tyd nie gebruik word om die regering te versterk nie, maar om dit te destabiliseer.”

Ramphele het Maandag haar visier amptelik op 2014 se verkiesing ingestel.

лобановский обыск

Maak 'n opvolg-bydrae