Frankryk waarsku sy burgers om Kameroen te verlaat

Frankryk het Woensdag sy burgers wat in die mees noordelike deel van Kameroen woon aangeraai om die gebied “so vinnig as moontlik” te verlaat ná die ontvoering van ‘n Franse familie van sewe. Die ministerie van buitelandse sake het verder ook gewaarsku teen reis in die gebied waar Kameroen aan Nigerië en Tsjad grens. Die

Lees verder: Frankryk waarsku sy burgers om Kameroen te verlaat

Eskom-verhogings sal landbou knou

Die staatsbeheerde Eskom se voorgestelde tariefverhoging sal ‘n negatiewe uitwerking hê op die landboubedryf, het die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) in ‘n verklaring gesê. “Ons het vasgestel dat die reuse-styging in elektrisiteitspryse ‘n negatiewe uitwerking sal hê op die kostestruktuur, nie net vir vervaardigers nie, maar ook vir boere,” lui die verklaring. Die

Lees verder: Eskom-verhogings sal landbou knou

Moet Khoi en San hul grond terugkry?

“Die president se staatsrede was net ‘n herhaling van ou mislukte ANC beleidsrigtings. Hierdie oplossings slaag reeds vir negentienjaar nie daarin om Suid-Afrika se ernstige probleme van werkloosheid, korrupsie, swak ekonomiese groei en nuwe beleggings op te los nie,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê. Dr. Mulder het deelgeneem aan die debat in die

Lees verder: Moet Khoi en San hul grond terugkry?

Geheime ontmoetings tussen Noord-Korea, VSA oopgevlek

Senior Amerikaanse regeringsamptenare het geheime gesprekke met Noord-Korea gehou by ten minste drie geleenthede in 2011 en 2012, het die Japannese dagblad Asahi Shimbun berig. Hoewel die besoeke potensiële implikasies vir Japan kon inhou, het Washington nie sy veiligheidsvennoot ingelig nie en slegs een geleentheid informeel bevestig toe die Japannese kant aangedring het en druk

Lees verder: Geheime ontmoetings tussen Noord-Korea, VSA oopgevlek

EU maak vyande oor Zim

In ‘n ongewone opwelling van optimisme, het die Europese Unie Zimbabwe se politieke hervorming geprys en sanksies teen top-Zanu-PF-lede opgehef. Zanu is egter steeds kwaad omdat hulle nie al die sanksies opgehef het nie. Die meeste ontleders kan daarbenewens nie heeltemal mooi begryp waarom die EU skielik so bemoedig voel nie. Lede van die Europese

Lees verder: EU maak vyande oor Zim

Gays, komediante versaak Oscar

Organiseerders van “Dit raak beter, Suid-Afrika”, ‘n veldtog teen homofobie, het alle bande met Oscar Pistorius verbreek. Die veldtog, wat geloods sal word by die Kaapstadse Holocaust Centre om 19:00, het die ondersteuning van talle bekendes, insluitend talle modelle, Meneer Gay Wêreld 2011 Francois Nel, televisie aanbieders en struggle held Ahmed Kathrada. Die veldtog is

Lees verder: Gays, komediante versaak Oscar

PRAAG-gesprek oor ons toekoms Vrydag in Pretoria

‘n Informele kafeegesprek oor “ons toekoms: polities, ekonomies, kultureel”, word eerskomende Vrydagoggend 22 Februarie om 10.30 in Pretoria gehou. Epos inlig[by]praag.org vir die adres. ‘n Besoekende Nederlandse parlementslid sal ook die gesprek bywoon en vrae aangaande die verhouding van Afrikaners tot Nederland en Europa beantwoord. Alle lesers is welkom om dit by te woon. Aangesien

Lees verder: PRAAG-gesprek oor ons toekoms Vrydag in Pretoria

SA’ners is die vuilste mense in die wêreld

Suid-Afrikaners is van die vuilste mense in die wêreld wanneer dit kom by persoonlike higiëne, het ‘n studie bevind. Die studie is deur die vervaardiger van antibakteriese produkte Dettol onderneem en gister vrygestel. Saam met China, is Suid-Afrikaners die mense wat die minste omgee wanneer dit kom by higiëne. Die opname is gedoen oor die

Lees verder: SA’ners is die vuilste mense in die wêreld

Diamante van R4 miljard by lughawe gebuit

Gewapende mans het ‘n groot hoeveelheid diamante gesteel terwyl dit op ‘n vliegtuig by die Brussel-lughawe gelaai is, het die Belgiese media Dinsdag berig. Altesaam 10 kg diamante met ‘n waarde van €350 miljoen (sowat R4 miljard) is laat Maandag gesteel, het die uitsaaier VRT berig. Die diewe het glo omstreeks 19:47 (18:47 GMT) met

Lees verder: Diamante van R4 miljard by lughawe gebuit

Ramphele se party kan SA destabiliseer

Die nuutgestigte politieke platform, Agang SA, kan dalk gebruik word om die land te destabiliseer, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag gesê. Mantashe het sy kommer uitgespreek oor die sakevrou dr. Mamphela Ramphele se planne vir ‘n nuwe politieke platform, wat Maandag bekendgestel is, berig die SABC. “Die bekommernis wat ons het is

Lees verder: Ramphele se party kan SA destabiliseer