Geheime ontmoetings tussen Noord-Korea, VSA oopgevlek

Senior Amerikaanse regeringsamptenare het geheime gesprekke met Noord-Korea gehou by ten minste drie geleenthede in 2011 en 2012, het die Japannese dagblad Asahi Shimbun berig.

Hoewel die besoeke potensiële implikasies vir Japan kon inhou, het Washington nie sy veiligheidsvennoot ingelig nie en slegs een geleentheid informeel bevestig toe die Japannese kant aangedring het en druk begin uitoefen het, het die regering en ander bronne in Japan, Suid-Korea en die Verenigde State van Amerika gesê.

Die US State Department het selfs die ministerie van buitelandse sake gewaarsku teen verdere navrae, en gesê dit sal bilaterale verhoudings benadeel, het die bronne gesê.

Amerikaanse militêre vliegtuie het van ‘n lugmagbasis in Guam na Pjongjang gereis en terug op April 7, 2012, en weer op ‘n langer besoek van 18-20 Augustus, het die bronne gesê.

Daar word geglo dat diegene wat aan boord was Sydney Seiler, direkteur van Korea by die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad, en Josef DeTrani, wat die Noord-Korea lessenaar by Nasionale Intelligensie, ingesluit het.

Hulle het met Noord-Koreaanse amptenare vergader en beleid bespreek na aanleiding van die dood van die leier Kim Jong Il in Desember 2011.

Die Noord-Koreaanse afvaardiging het ingesluit Jang Song Thaek, vise-voorsitter van die Kommissie vir Nasionale Verdediging en die man van Kim Jong Il se suster. Jang word as ‘n mentor vir Kim Jong Un, wat sy vader opgevolg het as sy land se leier beskou.

Die Japannese regering het besonderhede van die vlug verneem slegs na verslae van amateurs wat aktiwiteit by militêre basisse monitor en ook deur die ontleding van lugverkeer en vlugplanne.

Toe Japan amptelik navraag doen, het Amerikaanse amptenare hul frustrasie uitgespreek dat die versoek gemaak is, met verwysing na die onderwerp se vertroulike aard. Die State Department het gewaarsku dat indien Japan verder wil uitvis, dit Washington en Tokyo se bande kan skade berokken.

Die derde besoek wat Asahi Shimbun bevestig het, is een wat plaasgevind het in November 2011. Bronne het gesê dat ten minste een militêre vliegtuig van die Guam-lugmagbasis met swaar toerusting opgestyg het, waaronder stootskrapers, opgelaai van Yokota lugmagbasis in die weste van Tokyo en na Pjongjang gevlieg.

Daar word geglo dat die afvaardiging amptenare van die Amerikaanse Pacific Command ingesluit het. Hulle het met die Noord-Koreaanse amptenare “gesels om die oorblyfsels van Amerikaanse soldate gedood tydens die Koreaanse Oorlog van 1950-1953 terug te bring”, het die bronne gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae